On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wyndruif-oesskatting lyk belowend

───   ELSABÉ RICHARD 15:54 Tue, 15 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Wyndruif-oesskatting lyk belowend | News Article

Nadat die wynbedryf vanjaar verskeie terugslae beleef en groot verliese aangeteken het, dui die bedryf se eerste oesskatting vir 2021 op ’n belowende wyndruifoes.


Luidens ’n verklaring van die bedryfsliggame SA Wynbedryfinligting en -stelsels en Vinpro, is wynmakers en wingerdboukundiges optimisties oor die gehalte van die oes. Landbouweekblad berig in dié vroeë stadium word die oesgrootte naby aan die 2020-oes van ongeveer 1,3 miljoen ton geskat. Bestuurder van Vinpro se konsultasiediensafdeling, Conrad Schutte, sê as die res van die groei- en rypwordingsfase glad verloop, kan die oes selfs ietwat groter as in 2020 wees, maar steeds laer as die afgelope tien jaar se gemiddelde oes.

‘n Noord-Kaapse boervrou wat tussen Sutherland en Calvinia saam met haar man boer, het betrokke geraak by verskeie droogtehulp inisiatiewe om boere en hulle families wat in nood verkeer te help. Sybil Visagie, wat ook die stigter van ‘Save the Sheep’ is, het in November 2017 by droogtehulp betrokke geraak om die publiek bewus te maak van die vernietigende droogte in Sutherland en die Karoo. Visagie sê by dat haar begeerte is om op die langtermyn ‘n oplossing te bied en bemagtigingsprojekte van stapel te stuur. Sy sê hulle is tans besig met die ‘Koekies vir ons boere’-projek, waarmee Caring Daisies ook verlede jaar gehelp het. Boerevroue is by hierdie projek betrek , waar hulle help met die bak en verkoop van koekies. Daar is ook hekelprogramme waarby plaaswerkers se vroue betrokke kan raak, waar verskeie produkte soos maskers en matte gehekel word en sodoende geld verdien.
Diegene wat meer wil weet oor hierdie inisiatiewe of ‘n bydrae wil maak kan die ‘Save the Sheep Products’ Facebook-blad besoek vir meer besonderhede.

EN

Die Simmentalers is aangewys as beide die manlike en vroulike wenners van NAMPO ALFA se 2020 Zoetis Nasionale Aanlyn Interras-kompetisie. Die aanlyn kompetisie was die eerste volwaardige aanlyn Nasionale Interras-kompetisie, aangebied deur NAMPO ALFA, met Zoetis as die hoofborg. Beoordeling van die video's is gedoen deur 'n paneel van vyf senior beoordelaars. Die De Jager-familie van die Gulland Simmentalers uit die Koster-distrik het met die manlike toekenning vir hulle bul weggestap, terwyl Chris en Pieter Oelofse van die Taaibosspruit Simmentalers uit die Lichtenburg met die vroulike toekenning. Albei diere kwalifiseer outomaties vir NAMPO ALFA se 2021 nasionale interras-kompetisie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.