Agriculture
Landbounuus-podcast: Smithfield plaasmoord verdagtes verskyn in hof─── ELSABÉ RICHARD 11:44 Thu, 17 Dec 2020
Drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 38 en 44-jaar, wat in hegtenis geneem is in verband met 'n vermeende plaasaanval op die plaas Korhaanfontein in Smithfield in die Vrystaat, sal na verwagting Donderdag in die Smitfield-landdroshof verskyn.
Dit volg nadat die liggaam van 73-jarige Poenkie Bissett glo Maandag deur haar man Arthur gevind is. Motansi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes staan terreg staan op aanklagtes van diefstal, roof met verswarende omstandighede en moord. Dit kom nadat 'n 43-jarige man Maandagaand by sy huis in Smithfield aangekeer is nadat die polisie inligting opgevolg het wat tot sy in hegtenisname gelei het. Die verdagte is in besit van besittings van die oorledene gevind. OFM-nuus se Elsabé Richard berig items soos oorbelle, 'n trouring en kontant is in die verdagte se besit gevind.
Droogtehulp SA het broodnodige hulp aan 45 Noord-Kaapse boere in Upington, asook twee kinderhuise en die plaaslike dierebeskermingsvereniging verleen. Die groep vrywilligers het vanuit Rustenburg in Noordwes in Upington aangekom en het tydens die plaaslike Landbou Expo vir twee dae lank verskillende vorme van droogtehulp aan boere uitgedeel. Kospakkies en geskenke is aan die kinders by die Jogabed en Mispa kinderhuise uitgedeel. Die plaaslike dierewelsyn sentrum het ook broodnodige medisyne en kos vir die diere ontvang.
EN
Die land is nog vol goeie mense. Dit is volgens Willem van Niekerk, voorsitter van Boshof-brandvereniging ná die onlangse wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat. Van Niekerk sê dat boere hulp van verskeie organisasies en individue ontvang het toe veldbrande verwoesting gesaai het in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte. Hy het ‘n dankie-sê geselligheid vir diegene wat bygedra het en skenkings aan boere gedoen het wat in nood verkeer in die Wes-Vrystaat, bygewoon. Die geselligheid, wat deur Afriforum gereël is, het by Makhulu Game Lodge & Safaris in Boshof in die Vrystaat plaasgevind.
OFM-nuus
