Agriculture
Landbounuus-podcast: Bestaansboere oor stimiluspakket herinner─── ELSABÉ RICHARD 15:25 Fri, 18 Dec 2020
Die Departement van Landbou Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bestaansboere weer herinner om aansoek te doen vir die presidensiële stimuluspakket ter waarde van R1 miljard.
Minister Thoko Didiza het vroeër vandeesmaand aangekondig dat die stimuluspakket slegs gerig is op bestaansboere wat ondersteun sal word met koopbewyse vir boerderye om hulself te onderhou, terwyl hulle die voedselwaardekettings in die sektor ondersteun. Sy sê Covid-19 het 'n groot invloed op hierdie boere en het bygevoeg dat haar departement voorkeur aan vroue in die sektor sal gee. Dié fondse, wat in Oktober deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, het ten doel om werk in die landbousektor te skep en te onderhou. Ondersteuning sal wissel tussen R1 000 en R9 000, afhangende van die produksieskaal. Vir meer inligting oor hoe om aansoek te doen, besoek die departement se webtuiste. Ansoeke sluit 22 Desember.
EN
Die wynprodusenteliggaam Vinpro, sê hy is in die proses om teenstrydighede met betrekking tot die nuutste Covid-19 regulasies met die regering op te neem. Vinpro sê in 'n verklaring hoewel dit verlig is oor ‘n spesiale toegewing aan wynplase, is daar teenstrydigheid tussen die gepubliseerde regulasies en die aankondiging wat op 14 Desember gemaak is deur President Cyril Ramaphosa ten opsigte van die spesiale toegewing aan wynplase in terme van handelsure. Die nuutste regulasies is op 15 Desember in die Staatskoerant gepubliseer. OFM-nuus se Elsabé Richard berig Vinpro sê volgens die Staatskoerant mag wynkelders slegs wyn vir tuisverbruik op Maandae tot Saterdae van 10:00 tot 18:00 verkoop, in teenstellling met Ramaphosa se aankondiging dat hulle mag voortgaan om gedurende normale gelisensieerde ure handel te dryf, wat Sondae insluit en in lyn is met die relevante plaaslike munisipale verordenings.
OFM-nuus
