On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Trio in hof vir vermeende plaasmoord

───   11:23 Mon, 21 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Trio in hof vir vermeende plaasmoord  | News Article

Drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met 'n vermeende plaasaanval op die plaas Korhaanfontein in Smithfield in die Vrystaat, verskyn Maandag in die hof.


Volgens die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Phaladi Shuping, is die trio - Andries Matsoele, Motlatse Mahapane en Msokoli Mnyameni - Donderdag in hegtenis geneem, en die saak is uitgestel om die polisie kans te gee om vas te stel of daar sake teen hulle hangende is, en of daar enige vorige skuldigbevindings teen hulle gemaak is. OFM-nuus se Elsabe Richard berig hy voeg by dat die verdagtes tereg staan op aanklagte van moord, diefstal en roof met verswarende omstandighede. Bissett het 'n wond aan die agterkant van haar kop opgedoen.

Die polisie in Noordwes het ‘n voorval veroordeel waarin gemeenskapslede na bewering ‘n vermeende veedief by Reivilo vermoor en sy makker gewond het. Die SABC berig die gemeenskapslede, onder wie ‘n aantal kleinskaalse veeboere, het volgens die polisie vier mans betrap wat met vermoedelik gesteelde vee op ‘n bakkie na Dithabong in die Noord-Kaap onderweg was. Die groep het die vermeende veediewe gekonfronteer en twee van hulle het gevlug. Die ander twee mans is met knopkieries, hamers en ysterstawe aangerand. Een is op die toneel dood en die ander een het later in die Vryburg-hospitaal aan sy wonde beswyk. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

EN

Lede van die parlement en die portefeulje kommitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkel het die nasionale departement gevra oor die tekort aan veeartse in die Noord-Kaap. Die departement het voor die kommitee verskyn  om sy 2020/2021 jaarverslag ter tafel te lê. Die aanstelling van veeartse wat hulle studies voltooi het en nou kwalifiseer vir hulle gemeenskapsdiens is ondermeer bespreek. Kommitee lede het gevra hoekom die department slegs 6 veeartse in dié provinsie aangesteel het. Dit, aangesien daar ‘n groot behoefte is om bestaansboere te bedien. Waarnemende Direkteur-Generaal van die departement, Mooketsi Ramasodi, het aan die komitee gesê provinsies kon aan die begin van die aanstellingsproses hulle behoeftes aandui. Hy sê plattelandse gebiede het die grootste behoefte, maar nie genoeg hulpbronne – soos blyplek vir eksta veaarste nie. Komitee lede het hulle kommer uitspreek oor hoe klein- en bestaansboere teen vee-siektes en uitbrake gaan veg, as hulle nie toegang tot broodnodige vee-artsenykundige dienste het nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.