Agriculture
Landbounuus-podcast: Reënbuie bring hoop na NK─── 11:45 Thu, 24 Dec 2020
‘n Wyd verspreide somer reënbuie in die Noord-Kaap die afgelope naweek, het boere in die omgewing hoopvol dat die kerstyd nog meer verligting sal bring.
Groot dele van dié provinsie, waaronder Namakwaland, gaan al vir jare onder erge droogte gebuk. Boere in die streek sê toestande in die veegebiede is uiters swak en dié streek benodig opvolgreënval van meer as 50mm om seker te maak die boonste grondoppervlak word behoorlik nat.
Die openbare beskermer (OB) se jongste verslag oor die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat bring die hele aangeleentheid 'n stap nader aan strafbare klagte teen sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, en ander hooggeplaastes wat glo saam met hom by die projek betrokke was. Landbou.com berig Roy Jankielsohn, leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, verwelkom veral die OB, Busisiwe Mkhwebane, se aanbeveling dat wetstoepassers spesifiek moet kyk na die rol van dié betrokkenes met die oog op strafsake. Hy sê die DA het reeds klagte ingedien teen hierdie persone wat die OB in die verslag genoem het en hul hoop dit sal hul saak bevestig. Hy sê verder die verslag bevestig dat daar wanadministrasie en wangedrag deur Magashule was, wat toe premier van die Vrystaat was, die voormalige LUR'e Elzabè Rockman en Mosebenzi Zwane, asook die huidige LUR, Mamiki Qabathe.
EN
Die groeiende gaping tussen die winkelrakprys van vars melk en wat melkboere betaal word, was die afgelope paar jaar gereeld in die kollig, maar die prentjie lyk anders as 'n mens na die pryse van sekere ander suiwelprodukte kyk. Landbou.com berig die winkelrakprys van vars melk het op 'n indeksgrondslag van Januarie 2012 tot September 2020 méér gestyg as wat boere se prys gestyg het, maar luidens 'n verslag wat die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) laat vanjaar gepubliseer het, het die plaashekprysindeks meer gestyg as die rakprysindeks van langlewemelk, jogurt, maas en voorafverpakte kaas. Sampro gebruik Statistieke SA se inligting oor primêre en sekondêre produsentepryse en die marknavorser Nielsen se rakprysinligting.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete/Landbou.com
