On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Inskrywings vir SA suiwelkampioenskap open eersdaags

───   11:28 Mon, 28 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Inskrywings vir SA suiwelkampioenskap open eersdaags | News Article

Suiwelprodusente kan binnekort inskryf vir die 2021 Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskap.

Landbouweekblad berig sowat 900 inskrywings word jaarliks ontvang vir dié kampioenskap, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word. Suiwelprodukte ding mee om die gerekende titels van SA kampioen, die Qualité-merk van gehalte en die Produk van die Jaar. Alan Fourie, hoofbeoordelaar, sê die doel van die kampioenskap is om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. Hy voeg by die SA suiwelkampioenskap is een van die min kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik, en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die kampioenskap bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander produkte. Die wenners in die onderskeie klasse word as SA kampioen bekroon. Produkte van besonder hoë gehalte ontvang die Qualité-toekenning, wat deur die bedryf erken word as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika. Na die eerste ronde beoordeling deur meer as 70 beoordelaars wys 'n onafhanklike paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan.


EN

Alhoewel hoender en eiers gewild is, sal goedkoper proteïenbronne vir baie Suid-Afrikaanse verbruikers, wydverspreide werkloosheid en ander COVID-19-verwante ekonomiese uitdagings in 2021 'n groot bedreiging vir aanvraag inhou. Dit is volgens Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging (SAPV) se braaikuikenorganisasie. Farmer's Weekly berig hy sê een van die doelwitte van die nasionale meesterplan vir die pluimveesektor was dat produsente van hoendervleis hul produksie moes verhoog om te voorsien in die verwagte vermindering van hoender wat deur ander lande op die Suid-Afrikaanse mark "gestort" word. Hy het ook kommer uitgespreek dat die sektor swaar getref kan word deur verminderde vraag as gevolg van toenemende finansiële druk op verbruikers en voortgesette hoë voerkoste. Breitenbach het egter gesê dat daadwerklike pogings aangewend word in terme van die meesterplan om nasionale en internasionale markte vir plaaslike hoender te laat groei.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.