Agriculture
Landbounuus-podcast: NK begin nuwe jaar met wydverspreide reën─── ELSABÉ RICHARD 10:36 Tue, 05 Jan 2021
Agri Noord-Kaap is dankbaar vir wydverspreide reënval in die provinsie - en Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê inwoners deel graag videos van strome en riviere ná goeie reënval.
Hy deel dat alhoewel die reën in die noordelike en oostelike dele van die provinsie voorkom, is daar steeds dele van die provinsie wat nog nie reën gekry het nie. Jansen verduidelik dat die reënval steeds in die noordelike gedeeltes van die provinsie voorkom, maar dat dorpe soos Kenhardt, wat geraak word deur droogte, ook reën gekry het. Verder het dele van Upington en Kakamas goeie reënval ervaar. Jansen sê dorpe soos Aggeneys en Springbok het egter nog nie reën gekry nie. Daarmee saam het die hele Boesmanlandstreek nog geen reën gehad nie.
EN
Een van die fokuspunte waaraan Vrystaat Landbou (VL) in 2021 gaan aandag skenk, is paaie en infrastruktuur in die Vrystaat. Die president van die organisasie, Franscios Wilken, sê aan OFM-nuus die provinsie se paaie is in ‘n haglike toestand en die reën vererger die toestand van paaie verder. Ander punte waarop VL vanjaar wil fokus is die onteieningswet wat onlangs ter tafel gelê is. Wilken sê die organisasie het ‘n paar bekommernisse rakende die wet wat hulle wil aanspreek. Hy voeg by dat die organisasie ook aandag sal skenk aan veiligheid sowel as veediefstal in die provinsie. Daarmee saam het Wilken teruggekyk na die jaar wat verby is en het hy verduidelik dat landbou en produksie van die hoogtepunte van 2020 was. Wat laagtepunte betref, sê hy is dit die aantal plaasmoorde wat plaasgevind het, veral gedurende September, Oktober en November.
OFM-nuus
