Agriculture
Landbounuus-podcast: Noord-Kaap boere verwelkom reën─── ELSABÉ RICHARD 17:40 Tue, 05 Jan 2021
Boere in Namakwaland en Boesmanland in die Noord-Kaap sê dat reën in hierdie gebied baie nodig is aangesien die streek nog onder erge droogtetoestande gebuk gaan.
Die provinsie het sedert die begin van die nuwe jaar wydverspreide reën in groot dele ervaar. Steierkraal, 'n plaas in die Boesmanlandstreek, het ná jare ongeveer 50mm reën gekry. Naby Bulletrap, 'n dorp tussen Steinkopf en Springbok, het die reën 'n rivier gevorm. Boere is dankbaar vir die goeie reën en verwag dat dit nog vir die volgende paar dae sal voortduur en die veld weer mooi sal groei. Intussen sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, inwoners deel graag videos van strome en riviere ná goeie reënval. Hy sê egter dat alhoewel die reën in die noordelike en oostelike dele van die provinsie voorkom, is daar steeds dele van die provinsie wat nog nie reën gekry het nie.
EN
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat swaar reën in die Vrystaat en Noord-Kaap 'n moontlikheid is. Volgens Siyabonga Mpati van die weerkantoor in Bloemfontein is daar geen ernstige weerwaarskuwings in die Noordwes nie. Mpati sê inwoners kan vandeesweek gedeeltelik bewolkte tot bewolkte weersomstandighede, met koel tot warm temperature in die Vrystaat verwag. Hy waarsku dat swaar reënval vir Dinsdag veral in die westelike dele van die provinsie voorspel word. Mpati dui ook aan dat daar Dinsdagmiddag 'n moontlikheid van rukwinde oor die westelike dele van die provinsie bestaan wat na verwagting tot die aand sal voortduur. Hy verduidelik dat hierdie windtoestande gepaard gaan met ontwrigtende winde wat sal bydra tot swaar reënval. Verspreide tot geïsoleerde donderbuie word Dinsdag in die res van die provinsie verwag.
OFM-nuus
