On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hoë reënval bied uitdagings

───   ELSABÉ RICHARD 17:37 Thu, 07 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Hoë reënval bied uitdagings | News Article

Alhoewel die goeie reën wat in groot dele van die land uitgesak het wyd verwelkom word, sê Vrystaat Landbou (VL) dit gaan met talle uitdagings gepaard.

Die organisasie sê in 'n verklaring die reën rig skade aan oeste en paaie in die landelike gebiede. Luidens opnames wat VL se streekverteenwoordigers gedoen het, het meeste distrikte in die Vrystaat bo-gemiddelde reën ontvang. Volgens Koot Naudé, streekverteenwoordiger in die Ngwathe-distrik, is daar sekere dele waar sonneblomaanplantings nog gedoen moet word, maar dat die nat toestande dit nie nou toelaat nie. Hy sê egter ? groot knelpunt is die toestand van paaie in die distrik. Die Nketoana-distrik het oor die naweek alleen reeds 100mm ontvang. VL sê verder sekere boere in die Hoopstad en Bultfontein-distrikte sit nie net met hande in die hare weens erge vloedskade aan landerye nie, maar ook weens skade aan hulle huise. Benewens dié boere se skade aan infrastruktuur, bestaan die moontlikheid ook dat hulle aanplantings kan verloor. Die organisasie sê hy is reeds in gesprek met die hoof van die Department van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in die Vrystaat, maar sal ook binne eie geledere kyk waar nood verlig kan word.

Intussen sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, die reën wat ervaar word in groot dele van die land is tipies van La Niña-toestande. Hy verduidelik dat gedurende dié verskynsel, die see-temperature in die Stille Oseaan koeler as normaal is en dit veroorsaak dat die sogenaamde 'reënband' oor Afrika inskuif. Hy voeg by dat reën tydens 'n La Niña-verskynsel gewoonlik van Maart tot April voorkom.

EN

Groot, medium en klein suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe. Luidens Isabeau Botha, woordvoerder van Agri-Expo, is hierdie kompetisie die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. Botha sê die kampioenskappe lok jaarliks sowat 900 inskrywings van vervaardigers regoor die land. Sy verduidelik dat hierdie suiwelprodukte meeding om die gerekende titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van Gehalte, en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die glansryke Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings. Die uitsluitlike doel van die kampioenskappe is om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en te erken. Daarmee saam deel Botha dat daar meer as tien kategorieë is wat bestaan uit meer as 100 klasse. Hierdie kategorieë sluit onder meer in kaas, jogurt, melk, room, roomys en botter.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.