On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS dorpe kry skade weens reen

───   ELSABÉ RICHARD 13:20 Mon, 11 Jan 2021

Landbounuus-podcast: VS dorpe kry skade weens reen | News Article
Image: Bloomberg

Die Bultfontein-gebied is een van die gebiede in die Vrystaat wat baie reën gehad het.


Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê ander dorpe wat 'n oorvloed van reën gehad het, sluit in Wesselsbron en Hoopstad. Wilken sê die grootste skade wat hulle van bewus is weens reënval verlede week, is in die Bultfontein-, Hoopstad- en Wesselsbron-gebiede. Hy deel dat Bultfontein die ergste deurgeloop het met huise en paaie wat oorstroom het. Boere in hierdie gebiede het gehoop vir sonskyn sodat die grond kan droog word. In stryd hiermee, sê Wilken oor die algemeen word die reënval wyd verwelkom. Hy voeg by dat veldtoestande vir vee vir weiding uitstekend is.

Net sowat R3 miljoen van die R100 miljoen wat die minister van landbou in September verlede jaar via die Landbank opsygesit het om kleinboere te help wat finansieel sukkel weens die uitwerking van Covid-19, is teen einde Desember al uitbetaal. Die Landbank het by navraag gesê net sewe van die 266 aansoeke vir hulp uit die toelaeskema teen 27 Desember is goedgekeur, maar aansoeke om R75 miljoen se hulp is in verskillende stadiums van die verwerkingsproses. Luidens Netwerk24 sê die Landbank dat talle van die aansoeke onsuksesvol was  aangesien die aansoekers in die algemeen sukkel en hul nood nie met die negatiewe uitwerking van Covid-19 verband hou nie. Dis nie bekend hoeveel aansoeke tot dusver onsuksesvol was nie.

EN

Inskrywings vir vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap open Maandag 11 Januarie. Groot, medium en klein suiwelprodusente kan inskryf vir hierdie kompetisie. Luidens Isabeau Botha, woordvoerder van Agri-Expo, is hierdie kompetisie die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. Botha sê die kampioenskap lok jaarliks sowat 900 inskrywings van vervaardigers regoor die land. Sy verduidelik dat hierdie suiwelprodukte meeding om die gerekende titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van Gehalte, en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die glansryke Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings. Die uitsluitlike doel van die kampioenskap is om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en te erken. Daarmee saam deel Botha dat daar meer as tien kategorieë is wat bestaan uit meer as 100 klasse. Hierdie kategorieë sluit onder meer in kaas, jogurt, melk, room, roomys en botter. Botha moedig ook nuwe vervaardigers van suiwelprodukte aan om vir hierdie kompetisie in te skryf.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.