Agriculture
Landbounuus-podcast: Regte, verpligtinge van grondeienaars verduidelik─── ELSABÉ RICHARD 13:34 Mon, 18 Jan 2021
Na aanleiding van die afgelope week se grondbesettings en –vergrype in die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes, verduidelik die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman, wat die regte en verpligtinge van grondeienaars en –huurders is.
Moolman sê paaie, beligting, dienste en ander strukture vorm ook deel van die vereistes wat gestel word voordat grond in besit geneem en ontwikkel mag word. Hy verduidelik dat grond in Suid-Afrika in twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik landbougrond en stedelike grond. Hy voeg by dat grond ook gesoneer moet word. Hy verduidelik dat dit beteken dat indien owerhede of 'n grondeienaar persone sou wou verwyder, daar 'n regsproses gevolg moet word om 'n uitsettingsbevel te kry. Dit, omdat daardie grond nie geskik is vir 'n menslike nedersetting nie en om daarna 'n proses van stapel te stuur om te verseker dat daardie grond wel aan die wettige vereistes voldoen.
Intussen sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling dit het in die afgelope vyf finansiële jare 136 onwettige grondbesettings aangeteken. Dit het aan die lig gekom nadat 'n DA-lid van die Parlement, Natasha Mazzone, in 'n geskrewe vraag navrae oor die aantal onwettige grondbesettings in die land gedoen het. Volgens die departement het die Vrystaat 'n totaal van 12 onwettige grondbesettings oor dié vyfjaar-periode aangeteken. Daarmee saam is agt onwettige grondbesettings in die Noord-Kaap aangeteken, terwyl die Noordwes 25 onwettige grondbesettings aangeteken het. Die meerderheid van onwettige grondbesettings in die Vrystaat is in die Harrismith-omgewing aangemeld, gevolg deur Thaba'Nchu en Bloemfontein. In die Noord-Kaap is meeste van hierdie gevalle in die Kuruman-omgewing aangemeld terwyl een in die Kenhardt-omgewing aangeteken is. Verder het die grootste hoeveelheid onwettige grondbesettings in die Ganyesa-omgewing in die Noordwes plaasgevind, gevolg deur Mahikeng.
EN
Die Noord-Kaapse LUR vir die Departement van Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, het lede van die publiek uitgenooi om alle oorstroomde en beskadigde provinsiale paaie op die nuutgeskepte Whatsapp-lyn aan te meld. Sy moedig inwoners aan om die presiese ligging van beskadigde paaie met ondersteunende foto's na hierdie nommer te stuur. Hierdie inisiatief is van stapel gestuur om die padnetwerk van die provinsie te onderhou en om dienslewering te verbeter. Die Whatsapp nommer is: 066 581 5626 (vervang asb die laaste sin met hierdie kontak besonderhede.
OFM-nuus
