Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri NW sê reënvalsyfers lyk goed─── ELSABÉ RICHARD 10:45 Tue, 19 Jan 2021
Behalwe vir paaie in Noordwes wat verspoel het, is daar nie ander groot skade onder hulle lede aangemeld nie.
So sê Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes, ná swaar reën in meeste dele van sentraal Suid-Afrika. Hy verduidelik dat die sentrale streek van die provinsie veral goeie reënval ontvang het. Maar, daar is nog dele in die Ventersdorp-omgewing wat bietjie droër is, wat al sowat 200mm tot 220mm reën vir die seisoen gehad het. Hy verduidelik verder dat die westelike en noordelike dele van die provinsie, wat Stella en Vryburg insluit, tussen 200mm en 300mm reënval ontvang het. Hy voeg by dat die syfers normaal is vir hierdie reënvalgebied. Wat reënskade aanbetref, sê hy is daar nie enige groot skade onder Agri Noordwes se lede aangemeld nie. Dit kom nadat daar ‘n opname Vrydag onder die organisasie se lede gedoen is. Hy sê daar is verslae van paaie wat verspoel het en sê dat dit ook toegeskryf kan word aan onderhoud wat oor ‘n lang tydperk nie gedoen is nie.
EN
‘n Trop beeste, wat gestrand was by die Hennie Steyn-brug in die Vrystaat as gevolg van hoë watervlakke, is Sondag gered. Dit volg nadat voortdurende reënval in die provinsie daartoe gelei het dat riviere se watervlakke styg. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Kaptein Kerneels Simes, bevelvoerder van die Bethulie Veediefstaleenheid, oor die reddingspoging gepraat, wat sê Die Hennie Steyn-brug, wat oor sowat 1,1 km strek en tussen Bethulie en Burgersdorp geleë is, ervaar jaarliks oorstromings wanneer die Oranje- en die Caledon-riviere baie sterk vloei. Hy sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Bloemfontein se lugvleuel, die duikeenhede van Welkom én Bloemfontein, en die veediefstaleenheid van Bethulie was betrokke by die reddingspoging.
OFM-nuus
