Agriculture
Landbounuus-podcast: Laer rentekoers 'kan nie drankbedryf red'─── 11:38 Mon, 25 Jan 2021
Die landbousektor sal baat vind by die bestendige rentekoers, sê Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB Landbou.
Die Reserwebank het verlede week aangekondig dit bly onveranderd op 3,5%. Landbou.com berig Makube sê al sou die rentekoers verlaag word, sal dit nie vergoed vir die verlies aan inkomste wat boere in die drankwaardeketting beleef nie. Makube sê die verlagings in die rentekoers verlede jaar was goed vir die landbousektor aangesien die aankondigings gekom het terwyl die sektor baie bedrywig was en daar 'n groot vraag na krediet was. Hy sê sterk kommoditeitspryse het boere gehelp om finansieel te oorleef, hoewel die Covid-19-pandemie in sommige bedrywe probleme veroorsaak het, veral in die wynbedryf wat tans 'n derde drankverbod trotseer. Volgens Makube bied die verdere uitstel van rentekoersverhogings boere 'n geleentheid om die nodige opknappings en herstelwerk aan hul masjinerie en toerusting te doen. Hy sê die rekordlae inflasiekoers tesame met sterk kommoditeitspryse het die verkope van masjinerie verlede jaar 'n hupstoot gegee. Die aankoop van trekkers en stropers het op 'n jaargrondslag met onderskeidelik 8,9% en 25% toegeneem.
EN
Intussen sê Van Niekerk het die Covid-19 pandemie nie ‘n negatiewe uitwerking op die bedryf gehad nie soos meer mense gedurende die inperking die produk gekoop het om tuis hulle gunsteling melkdrankies te maak. Verder, gedurende die winter, het die gebruik ook toegeneem aangesien mense meer koffie en tee begin drink het. Alhoewel die bedryf nie pryse kon verhoog nie, sê Van Niekerk het dit steeds goed gegaan met die melkbedryf.
OFM-nuus/Elsabé Richard/Landbou.com
