On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK vloedskade op miljoene geskat

───   ELSABÉ RICHARD 11:23 Tue, 02 Feb 2021

Landbounuus-podcast: NK vloedskade op miljoene geskat | News Article
Foto: Gallo

Die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, Bently Vass, deel dat die provinsie hewige reën ervaar het weens die tropiese storm Eloise.

Hy sê dit het tot gevolg gehad dat honderde gesinne dakloos gelaat is. Die vloedskade, volgens Vass, sal die provinsie na raming tussen R40 miljoen en R100 miljoen kos. Hy voeg egter by dat hierdie bedrag meer kan wees aangesien die plaaslike regering steeds besig is om die totale koste van die skade te bepaal.

EN

Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika, Agbiz, deel dat die jongste data daarop dui dat die 2020/21 produksie-seisoen moontlik een van die grootste oeste op rekord kan lewer. Die afgelope week het die land se oesskattingskomitee (CEC) sy eerste aanplantingsdata bekend gemaak, wat die totale aanplantings vir somergraan vir 2020/21 op 4,2 miljoen hektaar toon, 6% meer as die vorige seisoen. Hierdie datastel bevat mielies (wit sowel as geel), sojabone, sonneblomsaad, grondbone, sorghum en droëbone. Daar is 'n toename in die meeste gewasse, behalwe sonneblomsaad, waarvan die aanplantings jaar op jaar met 5% afgeneem het tot 473 300 hektaar, wat die kleinste gebied in nege jaar is. Hierdie daling is hoofsaaklik te wyte aan die verskuiwing van sommige hektaar na witmielie-aanplantings in die westelike streke van Suid-Afrika weens gunstige pryse.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.