On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Reën bedreig keerwal

───   ELSABÉ RICHARD 11:18 Wed, 03 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Reën bedreig keerwal | News Article

‘n Boer uit die Soutpan-omgewing in die Vrystaat, Mimie Jacobs, sê goeie reën word wyd verwelkom maar dat dit egter kan veroorsaak dat ‘n keerwal in die Modderrivier naby haar plaas meegee.

Jacobs boer met lusern en pekanneute langs die Modderrivier en sê die onlangse reën het nie ‘n negatiewe invloed op haar gewasse gehad nie. Sy deel egter dat daar oorstromings was en hulle moes besproeiingspompe sowel as pype van rivierwalle af verwyder. Jacobs deel haar bekommernis oor die keerwal en sê voortdurende reënval hou ‘n risiko in dat dié wal gaan breek, wat tot gevolg sal hê dat water wegvloei na die Krugersdriftdam toe.

EN

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê boere moet seker maak dat hulle die regte inligting twee keer per dag kry ten opsigte van die vloei en vlakke van die plaaslike riviere. Dit volg nadat swaar reën onlangs in groot dele van Sentraal Suid-Afrika ervaar is. Jansen maan boere om pomptoerusting van rivierwalle af weg te skuif na hoër vlaktes. Hy vra ook die hulp van boere om watervlakke te monitor en dit aan plaaslike strukture te rapporteer.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.