On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstal verhoed NK-boer se groei

───   ELSABÉ RICHARD 11:34 Thu, 11 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Veediefstal verhoed NK-boer se groei | News Article

Veediefstal het ‘n Noord-Kaapse boervrou in Upington se groei vir omtrent 10 jaar gekniehalter.

Sariena Vivashe, voormalige kommersiële boervrou van die jaar, sê daar is uiterste maatreëls wat sy getref het om haar diere veilig te hou. Vivishe het in 2012 ‘n stuk grond vanaf die plaaslike regering ontvang en is tot op hede op haar plaas, genaamd Marinda. Sy sê veediefsal, sowel as die erge droogte in die provinsie, is van die grootste uitdagings wat hulle in die gesig staar, en dat die veediefstal destyds só erg geraak het dat sy net 16 diere oorgehad het. 

Wat droogtetoestande betref, sê Vivashe sy het die afgelope vyf jaar baie van haar diere ook so verloor. Volgens Netwerk24 word daar elke dag 182 beeste ter waarde van R2,4 miljoen, 282 skape van R621 000 en 138 bokke van R333 000 in Suid-Afrika gesteel. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum en senior lektor in penologie aan Unisa, het dié skokkende syfers tydens ’n voorlegging aan 'n werksessie van die inter-ministeriële komitee oor landelike en stedelike veiligheid voorgelê om aan te dui hoe problematies veediefstal is.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf die veilingspryse vir lewende hawe waar die Noord-Vrystaat as 'n indeksgebied gebruik word. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R44,20 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,16 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,57 per kg verkoop. Vir meer inligting besoek ofm.co.za en vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.