On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

VKB Meganisasie – kritieke afdeling van die VKB Groep

───   14:31 Thu, 11 Feb 2021

Sponsored14:31 Thu, 11 Feb 2021
VKB Meganisasie – kritieke afdeling van die VKB Groep | News Article

VKB Meganisasie is deel van die groter VKB Groep en hoewel hierdie afdeling nie die grootste winsbydrae tot die groep lewer nie, is dit ‘n kritieke afdeling van die groep.

Elke boer – of dit nou ‘n veeboer of ‘n kommersiële saaiboer is – het elke dag van sy lewe ‘n meganisasie-item nodig op sy plaas en Meganisasie se hoofdoel is om seker te maak dat elke produsent die regte produk kry vir die regte applikasie.

Daarom die ontstaan van die VKB Meganisasie-afdeling in 1978, waar ons die eerste Meganisasie-tak oopgemaak het as gevolg van ons produsente se behoeftes aan trekkers en plaasprodukte. Op 1 Maart 1978 is die eerste Meganisasie-tak geopen.

Tans het ons by ons Meganisasie-afdeling 13 onderdele-takke, 12 werkswinkels en 12 heelgoedere-bemarkers, asook twee bande-afdelings – alles om ons produsente van diens te wees.

Geografies is ons streek baie wydverspreid en strek ons van die Oos-Vrystaat en Mpumalanga tot die Limpopo-provinsie.  Om ‘n paar takke te noem: In die Oos-Vrystaat is Bethlehem ons kroonjuweel, waar ons ‘n groot meganisasie-afdeling het. Dan ook op Delmas in Mpumalanga. Tussendeur in die Oos-Vrystaat is daar nog takke en dan eindig ons doer bo in die noorde met Louis Trichardt en Tzaneen waar ons ook takke het.

Dis vir ons lekker om te weet dat ons ons produsente van diens kan wees en ons diens hulle hoofsaaklik deur drie afdelings in ons Meganisasie-afdeling. Al drie hierdie afdelings is ewe belangrik.

  • Die heelgoedere-afdeling wat verkope aan die produsente hanteer oor ‘n wye produktereeks.
  • Ons kan nie sonder die Werkswinkels wat al hierdie produkte wat verkoop is, diens, in stand hou en herstel nie.
  • En natuurlik, niks kan gebeur sonder ons Onderdele-afdelings nie, waar ons ons produsente  voorsien van onderdele – nie net vir die produkte wat hulle gekoop het nie, maar ook ‘n wye verskeidenheid ander produkte.

VKB voorsien die volgende landboutoerusting  aan ons produsente:

Case – ons hoof-handelsmerk – wat insluit trekkers van 34 kw tot die groot Steiger-wiel-reeks en Quad-reeks-knakkers van 448 kw.

Baie bekend in die Case-reeks is die Case-stropers – 1040- en 250-reekse – en spuite – 3230 en AM Command.

Opwindende tye lê voor vir VKB en ook ons produsente met Case as ons hoof-handelsmerk, aangesien daar op 4 Januarie 2021 strukturele veranderings plaasgevind het. VKB het Case-produkte by die Invicta-groep aangekoop wat op sy beurt weer by CNH die produkte gekry het.

Vanaf 4 Januarie is Invicta nie meer betrokke nie en koop VKB direk aan by CNH.

CNH gaan ook Suid-Afrika gebruik om al die Case-produkte in Suidelike Afrika te versprei.

Wat beteken dit vir VKB en ons produsente? 

  • Beter pryse op heelgoedere sowel as onderdele;
  • ‘n groter verskeidenheid van produkte;
  • en ook groter voorraadhouding van CNH Suid-Afrika op onderdele sowel as heelgoedere; en
  • vinniger terugvoering na ons kliënte, aangesien ons nou ‘n direkte lyn het na CNH.

Daar is ook verskillende modelle en reeks om in ons produsente se behoeftes te voorsien, naamlik:

  • Northmec-implemente – Baldan, Jacto, Sitrex
  • Case-konstruksie
  • Geringhoff
  • Agricad
  • Falcon-produkte – Amazone
  • Rovic Leers – Super 19-rippers, -planters, Kuhn en Krone
  • Equalizer-planters
  • Staalmeester – Enorossi-harke, JF Prisma-baler
  • BPI
  • Radium
  • Teu-vurkhysers
  • Tomcat Chippers
  • SEM – laaigrawe, graders
  • Jupidex – McHale-balers
  • Fuchs

VKB het sy eie presisieboerdery-netwerk

  • Ons het ons eie bande-afdeling met Best Drive-franchise waar ons nuwe bande verkoop aan die publiek, wielbalanserings, asook wielsporings doen.
  • By die werkswinkels het elke werktuigkundige sy eie diensbakkie waar daar dienste gelewer word op plase.
  • Herstelwerk word in die werkswinkels gedoen, asook alle standaarddienste op nuwe toerusting.
  • By ons onderdele-afdelings word al die produkte wat ons bemarkers verkoop se parte voorsien en is daar generiese lyne beskikbaar, soos bv. Willard-batterye, grondslyt-onderdele, ens.
  • Die bande-afdelings het diensbakkies wat volledig toegerus is om herstelwerk op plase te doen.
  • VKB-lede kry omsetbonusse op alle aankope wat hulle by Meganisasie doen.
  • In die Oos-Vrystaat het ons ‘n groot hoeveelheid Meganisasie-takke wat ± 50 km uit mekaar is. Die meeste boere hoef nie ver te  ry om by Meganisasie-dienspunte te wees nie.
  • Ons het hoogs opgeleide tegnici wat deurlopend op kursusse gaan en op datum is met die nuutste tegnologie.
  • VKB het die grootste verskeidenheid produkte wat aan kliënte gebied kan word.

Besoek ons VKB Meganisasie-webblad by www.vkb.co.za, of as u direk by Meganisasie wil uitkom, www.verkope.vkb.co.za.

Al VKB se Meganisasie-takke se kontakbesonderhede is onder “KONTAKTE” beskikbaar.

VKB is ook op Facebook met al ons inligting.

As ons na VKB se werkswinkels kyk, lyk die prentjie so: 

  • Ons het 32 werktuigkundiges wat oor drie provinsies strek, naamlik die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo; en
  • 26 vakleerlinge wat verseker dat daar in die toekoms deurlopend goed gekwalifiseerde werktuigkundiges beskikbaar sal wees vir ons produsente.

VKB spandeer in hierdie stadium baie geld aan presisieboerderypraktyke om ons netwerk te versterk na ons produsente toe.

Daar is tans promosies op ons hooitoerusting by onderdele en heelgoedere: 

  • Case RP5-wielharke, QR8-harke en QR12-harke
  • 10 en 12 T Radium-strooiers – hidrouliese aandrywing sonder sif
  • McHale F5400- en F5500-balers
  • Rekord-swaardiensnette 4 000 m
  • Staalmeeser – Enorossi RP5-wielharke, JF Prisma 5000-stampbalers, Celmak 1.95 Hydraulic Drum Mowers, Enorossi-12-wielharke en B70-balers
  • Rovic – GMD 240-swaardiens-snymasjiene, Fortima F1250-balers
  • Falcon-bale-vurkhyser met 2,7 m hyser, F80180EV-hooimakers

Vir pryse, skakel VKB Heelgoedere.


*Artikel verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.