On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: LUR bedank vir bydrae tydens begrotingsrede

───   11:18 Wed, 10 Mar 2021

Landbounuus-podcast: LUR bedank vir bydrae tydens begrotingsrede | News Article
Vrystaat Landbou LUR William Bulwane

Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Gadija Brown, het tydens haar begrotingsrede die provinsiale LUR vir Landbou, William Bulwane, en sy departement bedank vir die werk wat hulle doen vir boere ten spyte van beperkte hulpbronne.

Sy het bygevoeg dat die ondersteuning wat aan boere gebied word deur die omvattende landbou-ondersteuningsprogram en Ilima/Letsema-toelaes, prysenswaardig is. Verder het Brown benadruk dat die onlangse swaar reën die produksievermoë van baie boere in die provinsie verwoes het en sê die impak van hierdie reën beïnvloed voedselsekerheid en kan hoë pryse van plaasprodukte tot gevolg hê. Daarmee saam het sy aangekondig dat die landboudepartement meer as R780 miljoen vir die jaar 2021/22 ontvang. Brown voeg by hierdie begroting maak voorsiening vir, onder meer, die ondersteuning en opleiding van plaaslike boere.

EN

Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap sê die sprinkaanplaag wat die provinsie kort na onlanse oorstromings getref het, is besig om suidwaarts in die rigting van Sutherland te trek. Volgens die departement se Zandisile Luphahla is die swerms naby Drie Susters tussen die N12 en  N1 opgemerk. Hy sê die plaag is nie die enigste uitdaging wat boere in die gesig staar nie, en dat hulle Slenkdalkoors asook Varkgriep - wat verlede week in KwaZulu-Natal uitgebreek het - nou ook monitor. Hy sê Rooiwater is ook by beeste in die Kalahari opgemerk. Luphahla voeg by die departement doen alles moontlik om siektes by vee te verhoed, deur bystand te lewer aan boere. Hy sê boere moet enige veesiektes so gou moontlik aanmeld, sodat efektiewe beheer toegepas kan word.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.