On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sektor ontvang R780m in VS-begroting

───   ELSABÉ RICHARD 14:51 Wed, 10 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Sektor ontvang R780m in VS-begroting | News Article
Gadija Brown. File image

Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Gadija Brown, het tydens haar begrotingsrede aangekondig dat die provinsiale Departement van Landbou meer as R780 miljoen vir die 2021/22 finansiële jaar sal ontvang.


Brown het ook die provinsiale LUR vir Landbou, William Bulwane, en sy departement bedank vir die werk wat hulle doen vir boere ten spyte van beperkte hulpbronne. Sy het bygevoeg dat die ondersteuning wat aan boere gebied word deur die omvattende landbou-ondersteuningsprogram en Ilima/Letsema-toelaes, prysenswaardig is. Verder het Brown benadruk dat die onlangse swaar reën die produksievermoë van baie boere in die provinsie verwoes het en sy sê die impak van hierdie reën beïnvloed voedselsekerheid en kan hoë pryse van plaasprodukte tot gevolg hê. Brown voeg by hierdie begroting maak voorsiening vir, onder meer, die ondersteuning en opleiding van plaaslike boere.

Die jongste BBP-opdatering van Statistieke Suid-Afrika toon 'n verdere sterk groei in die landbousektor van 5,9% in die vierde kwartaal van 2020, wat die algehele prestasie in 2020 op 13,1% te staan bring. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê die sterk landbou-uitslag in die vierde kwartaal word ondersteun deur verhoogde produksie van diereprodukte wat meer as 50% van die land se bruto produsentewaarde uitmaak. Hy deel verder dat gunstige produksietoestande, sterk uitvoervraag en die gunstige randwisselkoers gehelp het om die algehele landbouprestasie in 2020 te verhoog, ondanks Covid-19-uitdagings, aangesien die sektor tot 'n noodsaaklike diens verklaar is.

EN

Daarmee saam verwelkom die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, die positiewe BBP-syfers vir die landbousektor. Didiza sê die sterk groei in die landbousektor van 5,9% in die vierde kwartaal van 2020, is 'n goeie getuienis van die samewerkingspogings wat die regering, boere en ander waardekettingspelers in 2020 aangepak het te midde van die Covid-19 pandemie. Didiza sê die jaar 2021 het op 'n goeie noot afgeskop en dat die departement se ontleders nog 'n jaar van groei in die landbousektor voorspel.



OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.