Agriculture
Landbounuus-podcast: SA sak terug in terme van voedselsekuriteit─── ELSABÉ RICHARD 11:28 Thu, 11 Mar 2021
The Economist publiseer jaarliks insiggewende inligting oor 113 lande se voedselsekuriteit.
Die indeks word verwerk aan die hand van inligting wat oor vier hoof faktore ingesamel word, naamlik, bekostigbaarheid, beskikbaarheid, veiligheid en impak op die omgewing. Volgens die jongste verslag, het Suid-Afrika globaal teruggesak, sy leierskap in die Afrika-kontinent afgestaan en is nou vyfde, maar bly die leier ten opsigte van voedselsekuriteit in Sub-Sahara Afrika. Die land lê 69ste uit 113 lande met ‘n totale punt van 57.8. Volgens die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, bied die indeks 'n uitstekende perspektief op vele fasette van voedselsekuriteit.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,77 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,13 per kg verkoop.
OFM-nuus
