On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Opwaartse momentum in die melkprys

───   ELSABÉ RICHARD 13:41 Mon, 15 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Opwaartse momentum in die melkprys | News Article

Melkboere se ontevredenheid oor die melkprys is niks nuut nie, en is beslis ook nie beperk tot Suid-Afrika nie.

Dit is volgens PlaasTV wat berig Bertus van Heerden, hoofekonoom by die Melkprodusente-Organisasie (MPO), sê daar is verskeie faktore wat 'n rol speel in die prys van melk. Van Heerden deel dat daar tans sowat 1 250 melkboere in Suid-Afrika is. Hy sê dit gaan nou heelwat beter aangesien groot dele van die land goeie reënval ervaar het. Van Heerden voeg verder by dat daarmee saam is daar ook 'n opwaartse momentum in die melkprys wat boere ontvang, nadat daar vanaf 2018 nie goeie melkpryse in die primêre bedryf ervaar is nie.

Herfskommandowurms rig jaarliks tot $6 miljard se skade aan gewasse in Afrika aan, maar ’n internasionale vennootskap en ’n Suid-Afrikaanse opleidingsplatform kan ’n oplossing hiervoor verskaf. Landbou.com berig  die groenrevolusie-alliansie vir Afrika (Agra) beraam dat herfskommandowurms in slegs 12 lande in
Sentraal-Afrika jaarliks tot 20 miljoen ton mielies, sorghum, koring en ander grane vernietig. Die Amerikaanse insetverskaffer, Land O’Lakes, het Villa Crop Science-kundiges in Suid-Afrika genader om ’n gepaste kursus en metode van kommunikasie saam te stel, wat die nodige opleiding aan kleinboere kan verskaf. Die kursus is onder die leiding van prof. Johnnie van den Berg van die Noordwes-Universiteit ontwikkel. Dit bestaan uit sewe modules waarvan die doel is om die kapasiteit van kleinboere te vergroot sodat hulle herfskommandowurms doeltreffend kan bekamp met goeie landboupraktyke en geïntegreerde plaagbestryding.

EN

‘n Totaal van 325 ton beesvleis is in Desember 2020 ingevoer. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) berig volgens AgriInspec verteenwoordig dit ‘n drastiese daling van 9% vergeleke met Desember 2019. Die vry-aan-boord-prys vir Desember 2020 was R39.87 per kg en vir Desember 2019 was dit R51.12 per kg. Dit verteenwoordig ‘n daling van 22% in die prys per kg. Luidens die RPO het die invoer van lewendige speenkalwers vir Desember 2020 281 eenhede beloop, en die prys was R7 760.72 per eenheid, wat 23% hoër is as in Desember 2019. Daarmee saam het skaapvleis-invoer in Desember 2020 op 120 ton te staan gekom. Dit verteenwoordig ‘n toename van 37% vergeleke met Desember 2019. Die vry-aan-boord-prys was R30.61, wat 14% laer is as die Desember 2019-prys.




OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.