On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstal bewusmakingsveldtog in VS gehou

───   ELSABÉ RICHARD 11:30 Tue, 16 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Veediefstal bewusmakingsveldtog in VS gehou | News Article
File image

Die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer bied Dinsdag 'n bewusmakingsveldtog teen veediefstal in Ladybrand in die Mantsopa Plaaslike Munisipaliteit aan.


Die departement se woordvoerder, Hillary Mophete, sê in 'n verklaring die doel van dié bewusmakingsveldtog is om boere en vee-eienaars in die omgewing aan te spoor om waaksaam te wees, en hulle aan te moedig om diere te merk soos voorgeskryf deur die Wet op die Identifikasie van Diere van 2002. Sy sê die departement, tesame met onder meer die Suid-Afrikaanse Polisiediens, vorder met die hantering van veediefstal, maar dit bly steeds 'n probleem - veral langs die grense van die provinsie. Veediefstal belemmer veral die bemagtiging van opkomende vee-eienaars en is 'n groot bedreiging vir hul winsgewendheid. Die departement moedig vee-eienaars aan om toe te sien dat heinings en hekke in 'n goeie toestand gehou word; datvee gereeld getel word; en dat behoorlike vee-registers gehou word.

EN

Die onlangse hitte en tropiese vog wat afbeweeg, het die moontilkheid van storms en selfs hael verhoog. Dit is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, wat sê met die droë periode wat sedert die tweede week van Maart af ervaar is, begin die stelsels weer opbou en bestaan die moontlikheid van reën oor groot dele van die somerreënvalgebiede. Hy sê dit lyk of die projeksie is dat ons nie voor die laaste deel van April gaan ryp en baie koue toestande gaan kry nie. Hy deel dat die droë dele van die Noord-Kaap ook begin reën kry. Hy sê Pofadder en gedeeltes van Upington het 30mm reën gekry, en dit kan toegeskryf word aan die tropiese vog wat afbeweeg. Van den Berg sê verder as daar ‘n vergelyking getref word met verlede jaar, was verlede jaar een van die koudste winters wat die land in baie jare gehad het. Daarmee saam raai Van den Berg boere aan om nou voor te berei vir die brandseisoen, veral soos daar baie gras is wat begin droog word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.