On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS LUR gaan landbou se finansiële planne bekend maak

───   11:49 Thu, 18 Mar 2021

Landbounuus-podcast: VS LUR gaan landbou se finansiële planne bekend maak | News Article

Die Vrystaatse LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, William Bulwane, sal na verwagting Vrydag 19 Maart sy departement se planne vir die 2021/22 finansiële jaar bekend maak.


Dit volg nadat die provinsie se LUR vir Finansies, Gadija Brown, verlede week tydens haar begrotingsrede aangekondig het dat die provinsiale landbou departement meer as R780 miljoen vir die 2021/22 finansiële jaar sal ontvang. Bulwane het intussen gesê hy is dankbaar vir die toekenning, maar verklaar dat geld wat aan die departement toegeken word, nooit genoeg is nie. Dit is omdat daar nog baie boere in die provinsie is wat finansiële hulp van die departement benodig.

EN

Die gemeenskap van Ficksburg in die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat het hierdie week betoog teen die toestand van teer- en grondpaaie. Volgens Friedl von Maltitz, ‘n boer in dié streek, is die toestand van paaie haglik en hou dit ‘n risiko vir padgebruikers in. Hy sê inwoners van Ficksburg betoog teen die toestand van die R26-pad wat strek van Ladybrand na onder meer Bethlehem. Hy voeg by dat selfs grondpaaie in die streek ook dringende aandag benodig. Daar is sowat twee jaar gelede ‘n belofte deur die plaaslike regering gemaak dat paaie in dié streek herstel sal word, maar die belofte is nie nagekom nie, sê hy. OFM-nuus het intussen berig dat gedetailleerde vrae aan die premier, Sisi Ntombela, se kantoor gestuur is. Haar woordvoerder, Sello Pietersen, het bevestig dat sy sal reageer.  



OFM-nuus/Elsabé Richard en Cathy Dlodlo

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.