On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: R6 miljoen opsy vir rampverligting

───   ELSABÉ RICHARD 13:38 Tue, 23 Mar 2021

Landbounuus-podcast: R6 miljoen opsy vir rampverligting | News Article
Vrystaat Landbou LUR William Bulwane/Foto: OFM-nuus

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat het R6 miljoen opsygesit om boere te ondersteun ná die skade wat deur natuurrampe aangerig is, soos die onlangse swaar reën en veldbrande.

Dit is volgens die LUR van die departement, William Bulwane, tydens sy begrotingsrede vir 2021/22 verlede week. Bulwane het bygevoeg die departement werk saam met verskillende departemente om hierdie uitdagings, wat boere weens natuurrampe ervaar, aan te spreek. Bulwane het bygevoeg dat die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer, R17 miljoen beskikbaar gestel het om die landboudepartement te help om beskadigde paaie, wat plase met markte verbind, te herstel.


Intussen het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in vennootskap met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, 'n fonds van R1 miljard vir swart boere bekendgestel. Die minister van landbou, Thoko Didiza, het tydens die bekendstelling van die Agri-Industrial Fund gesê die departement het 'n gebrek aan finansiering geïdentifiseer as 'n hindernis vir die kommersialisering van swart boere in die land. Didiza het bygevoeg dat die nuut-gestigte fonds ten doel het om die finansieringsbeperkings wat swart boere in die gesig staar, aan te spreek. Die fonds sal ook hindernisse help oorkom, wat betref toegang tot kommersiële boerdery. Daarmee saam sal die fonds op geteikende subsektore fokus. Hierdie subsektore sluit in die vestiging van hoë-waarde, uitvoergerigte tuinbou op landbougrond in gemeenskappe regoor die land.

EN


Statistieke Suid-Afrika het onlangs die nuutste Bruto Binnelandse Produk (BBP) syfers bekend gemaak, wat toon dat die ekonomie in die vierde kwartaal van 2020 jaar-op-jaar met sowat 4.1% gekrimp het. Dit, terwyl hierdie syfers vir die hele 2020 jaar-op-jaar in vergelyking met 2019 met 7% gekrimp het. Dr Frikkie Maré, 'n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, glo dat die daling in syfers beteken dat daar hard gewerk sal moet word om weer die goeie syfers van 'n paar jaar gelede te kan herhaal. Vertroue in die landbousektor was egter, volgens hom, verblydend.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.