On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente noodsaaklik

───   ELSABÉ RICHARD 11:46 Mon, 29 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente noodsaaklik | News Article

Dieregesondheid is belangrik en daarom is dit noodaaklik dat lewendehawe-agente hulself vergewis van kritiese biosekuriteitsmaatreëls wat in November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is.


Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC. Hy sê die biosekuriteitsmaatreëls is op 13 November 2020 gepubliseer, en is ingestel om te verseker dat die wild- en lewendehawebedrywe voldoen aan die wêreld-organisasie vir dieregesondheid (OIE) se internasionale kode om handel te verbeter. Hy voeg by dat dit volg na aanleiding van ‘n uitbraak van bek-en-klouseer in November 2019, wat ‘n negatiewe impak op Suid-Afrikaanse veilings gehad het. Alhoewel die reëls vanaf die bogenoemde datum van toepassing is, is daar ‘n bykomende grasie-periode van ses maande. Knowles sê hierdie periode is om agente tyd te gee om hulself te vergewis van die reëls, sowel as die nodige wysigings – soos onder meer infrastruktuur veranderings – te kan aanbring.

EN

Die stigter en groepbesturende direkteur van die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (Nerpo), Aggrey Mahanjana, het sy vroeë uittrede aangekondig. Mahanjana, wat ook 'n veeboer is, sê hy sien daarna uit om sy boerderyonderneming sy onverdeelde aandag te gee. Mahanjana tree op 1 April 2021 af en dr. Florence-Nherera tree intussen op as die uitvoerende hoof van NERPO. Mahanjana het verklaar dat hy aanvanklik sedert 2019 al wou aftree, maar het verduidelik dat die Covid-19-uitbraak in 2020 hom verplig het om aan te bly. Dit totdat opkomende veeboere die kans gekry het om hulself as 'n sterk stem op distriksvlak te herorganiseer. Hy het verder bygevoeg dat hy daarna uitsien om sy boerdery aktief te bestuur, terwyl lede hom gevra het om sy verblyf as die nie-uitvoerende voorsitter van die organisasie te verleng, om die volgende drie jaar vlot te laat oorgaan. Dit kom nadat Paradise Mahlangu, wie die afgelope tien jaar voorsitter van Nerpo was, drie maande gelede oorlede is.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.