On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Inenting van plaaswerkers moet prioriteit wees – TLU

───   ELSABÉ RICHARD 10:51 Mon, 05 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Inenting van plaaswerkers moet prioriteit wees – TLU | News Article
FOTO: FACEBOOK/BOERE DROOGTEHULP SA NPC

TLU SA het 'n skrywe aan die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, gerig waarin daar versoek word dat plaaswerkers as prioriteitsgroep oorweeg moet word wat die inenting teen Covid-19 betref.

Volgens Maroela Media sê die landbouorganisasie plaaswerkers verrig ? noodsaaklike diens en is sedert die begin van die inperking as sodanig geklassifiseer. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê in ? verklaring die organisasie het egter nog geen antwoord van die minister ontvang nie. Dít terwyl die potensiële blootstelling van werkers aan Covid-19 betreklik hoog is en dit skadelik sal wees indien produksie-eenhede in isolasie geplaas moet word in die geval van ? verdere Covid-19-uitbreking.

EN

Hoewel groot dele van die land goeie reënval ontvang het, is daar steeds gedeeltes wat min tot geen reën ontvang het nie. Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, sê daar is steeds ‘n groot nood onder boere en daarom het hy hierdie droogtehulp inisiatief sowat drie jaar gelede begin. Boere Droogtehulp SA NPC is op die been gebring nadat Van Beljon ‘n paartje in die Oos-Kaap, wat negatief deur die droogte geraak is, gehelp het met kos sowel as voer vir hulle diere. Die passie om mense in nood te help het só vlam gevat.  Hy deel egter dat daar mense is wat dink dat die droogte verby is en voeg by dat dit nie oral die geval is nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.