On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Herstelwerk aan R26 begin

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Wed, 07 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Herstelwerk aan R26 begin | News Article

Herstelwerk aan die pad tussen Ficksburg en Fouriesburg – die R26 - in die Vrystaat het begin.

Dit volg nadat die Ficksburg-gemeenskap verlede maand teen die haglike toestand van teer- en grondpaaie in die omgewing, betoog het. Provinsiale LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, het vandeesweek ‘n ter plaatse ondersoek gedoen om die vordering van die padwerke te monitor. Dié besoek vorm deel van sy beloftes wat hy aan die inwoners ‘n paar weke gelede gemaak het. Friedl von Maltitz, ‘n boer en streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, het voorheen aan OFM-nuus gesê paaie is nie begaanbaar vir swaar voertuie nie en boere sal nie graan na silo’s kan vervoer nie. Die betoging volg nadat die gemeenskap op 2 Maart ‘n brief aan die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, oorhandig het. Von Maltitz sê daarin het die gemeenskap geëis dat daar dringend met hulle vergader moet word oor die toestand van paaie.

Die skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) is in die hof beveel. Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, sê dié bevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat deur SAHPRA geregistreer is. Buys verduidelik omdat ’n medisyne wat ivermektien as aktiewe bestanddeel bevat nou geregistreer is en dit as ’n skedule 3 middel gelys is, kan ivermektien nou vir ander gebruike as wat op die geregistreerde medisyne se etiket staan deur dokters gebruik word, wat die behandeling van COVID-19 insluit.

EN

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.