On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogte duur voort in dele van Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 14:13 Thu, 15 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Droogte duur voort in dele van Noord-Kaap | News Article

Dele van Namakwaland en Boesmanland in die Noord-Kaap gaan al vir die afgelope agt jaar gebuk onder erge droogte.

Charl Saunderson, ‘n veeboer in die Kenhardt-distrik, sê die uitdagings wat hulle tans ervaar, sluit nie net die droogte in nie, maar nou ook die sprinkaanuitbraak in sommige dele van die provinsie. Wat droogte in die Boesmanland-streek aanbetref, sê hy is hulle steeds hoopvol vir goeie reën om die droogte te breek.

Te midde van hoë kommoditeitspryse internasionaal het die Johannesburgse Effektebeurs se termynmark ’n produktiewe eerste kwartaal in 2021 beleef, met die waarde van transaksies wat 21% hoër was as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Luidens 'n artikel deur Landbou.com sê die Johannesburgse Effektebeurs die totale hoeveelheid kontrakte wat in die drie maande verhandel is, bly bo 800 000, hoewel daar ’n afname van 3,8% teenoor die eerste kwartaal verlede jaar is. In Maart is ’n toename in die fisiese lewerings van 285 000 ton graan aangeteken. Volgens die beurs bevestig dit die vertroue in die fisieke leweringsproses by die indiening van silosertifikate. Verlede jaar was daar groot ontevredenheid met, en wantroue in, silosertifikate oor gevalle waar houers van sertifikate gesukkel het om tydig voorraad uit spesifieke silo’s te verkry. Dit het gelei tot ’n siening dat nie alle sertifikate altyd gerugsteun word deur fisieke voorraad in die silo’s nie.


EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,01 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,25 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,20 per kg verkoop.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.