On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkane rig steeds groot skade aan in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 14:13 Tue, 20 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Sprinkane rig steeds groot skade aan in Noord-Kaap | News Article

Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming, Mase Manopole, sê haar kantoor neem met kommer kennis van die sprinkaanplaag wat die Namakwa- en ZF Mgcawu-streke teister.

Spanne is volgens die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, besig om die plaag onder beheer te kry terwyl motoriste gevra word om versigtig te ry in gebiede waar swerms voorkom. Manopole se kantoor en die Departement van Waterwese en Bosbou werk nou saam om die plaag te beheer. Die departement sê boere moet toegang tot hulle plase vergemaklik sodat pesbeheerbeamptes die swerms kan spuit. Luphahla doen 'n beroep op inwoners om die departement in kennis te stel van die bewegings van die swerms sodat dit beheer kan word. Een persoon is intussen dood nadat hy na bewering weens die sprinkaanplaag beheer van sy voertuig by Leerkrans buite Groblershoop verloor het. Luphahla sê inwoners se veiligheid is die departement se prioriteit.

Vrystaat Landbou (VL) het 'n waarskuwing uitgestuur vir brandgevaar en risiko’s nadat die eerste ryp die afgelope drie oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom het. Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, sê goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in. Intussen hoop boere vir nog drie weke grasie tydperk teen die winterkoue, sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes.

EN

Daar word dikwels na landbou verwys as een van die mees riskante beroepe in die wêreld. Dit is volgens dr. Frikkie Maré, 'n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê die kanse vir 'n landbouer in Suid-Afrika om 'n gewelddadige dood te sterf is groter as dié van 'n polisiebeampte. Hy deel verder dat wanneer daar na risiko's gekyk word, moet elke boerdery 'n risikoplan hê waarin moontlike risiko's geïdentifiseer word. Volgens Maré is daar vyf tipes risiko in terme van landbou.





OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.