On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Horner DNS-resultate eindelik beskikbaar

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Thu, 13 May 2021

Landbounuus-podcast: Horner DNS-resultate eindelik beskikbaar | News Article

Ná die oponthoud van DNS-resultate, het die staat weer die bal aan die rol in die Brendin Horner moordsaak.

Die 21-jarige Horner is na verneem word in Oktober 2020 deur twee beweerde veediewe in die Vrystaat vermoor. Twee verdagtes, Sekwetja Mahlamba en Sekola Matlaletsa, het Donderdag vlugtig voor die Senekal-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof. Volgens die verdedigingsadvokaat, Machini Motloung, het die staat die hof in kennis gestel dat die ontleding van DNS-bewyse, wat op die broek van een van die beskuldigdes gevind is, gefinaliseer is. Die uitslae sal tydens die volgende hofverskyning in Junie bekend gemaak word. Die saak teen Matlaletsa en Mahlamba, wat nog in aanhouding is, is belemmer deur die voortdurende uitstel weens die onbeskikbaarheid van DNS-resultate as gevolg van 'n agterstand by die nasionale forensiese laboratorium.

Dit is belangrik om na die welstand van diere om te sien. Dit, omdat faktore soos stres ‘n negatiewe invloed op die dier sowel as die raklewe van vars vleisprodukte kan hê. Dr. Johan Cloete, tegniese veearts by MSD Animal Health, verduidelik dat stres by herkouerdiere soos bokke, beeste en skape, ontstaan wanneer daar verandering in die dier se normale omgewing plaasvind waar hulle baie gemaklik is. ‘n Voorbeeld hiervan is wanneer diere van ‘n kamp na ‘n drukgang of hanteringsgeriewe verskuif word vir inenting of om gedip te word. Ander stressors is hitte en erge koue.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,89 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,75 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,54 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.