Agriculture
Landbounuus-podcast: Hoër syfers verbruikersvoedselinflasie as verwag─── 13:36 Mon, 24 May 2021
Statistieke Suid-Afrika het verlede week baie hoër syfers vir verbruikersvoedselprysinflasie gerapporteer as wat sommige verwag het.
In April 2021 was die land se verbruikersvoedselpryse op 'n jaargrondslag op 6,7%, die hoogste vlak sedert Julie 2017. Wat 2017 egter anders gemaak het is dat dit 'n jaar was wat gevolg het op 'n droogteperiode - dus was daar nog deurbrake in hoër graanpryse van die vorige swak seisoen. Daar was ook talle veeboere wat hul kuddes aangevul het na die verwoesting wat die droogte veroorsaak het. Dit het beteken dat daar minder slagting was, en dat vleispryse gestyg het, wat die toename in die algehele verbruikersvoedselprysinflasie laat styg het na 6,9% op 'n jaargrondslag in Julie van daardie jaar. Maar, huidige omstandighede word egter gekenmerk deur hoër reënval, wat die oesopbrengs en die veebedryf ondersteun.
EN
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê hy sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg nadat die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die gemeenskapveiligheidsafdeling, sê in 'n verklaring die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos, veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Die organisasie sê burgers moet oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Kamfer voeg verder by dat hierdie konsep, in sy huidige formaat, tot gevolg sal hê dat burgers weerloos gelaat word.
OFM-nuus
