Agriculture
Landbounuus-podcast: Uitbreking van bek-en-klouseer in KZN aangemeld─── 11:50 Mon, 31 May 2021
‘n Ondersoekspan van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is na Mtubatuba in die suide van KwaZulu-Natal gestuur om die omvang van ‘n bek-en-klouseer uitbreking in die gebied te bepaal.
Die SABC berig die woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo, vra dat boere die vervoer van hoefdiere in en uit plaaslike- en distriksmunisipaliteite in dié provinsie beperk as voorsorgmaatreël teen die verspreiding van die siekte. Boere in die noordelike dele van KwaZulu-Natal word ook gevra om nie nuwe diere in hul kuddes of wild in te neem nie.
Die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê boere wat langtermyn-huurkontrakte met die staat het, se kontrakte gaan hernu word. Dié departement het – in ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement - gesê diegene wie se kontrakte verstryk het, het ‘n hernuwings-kennisgewing ontvang. Altesaam 1 605 van die kontrakte kom landwyd voor. Die departement vorder jaarliks meer as R9.6 miljoen se huurgeld in. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig dat die meeste huurkontrakte in die Noord-Kaap geregistreer is…
EN
Theo Venter, 'n bekende politieke analis, spreek sy mening uit oor die huidige gebeure binne die politieke omgewing. Dit lei, volgens hom, tot die vertraging in besluitneming. Interne konflikte kom steeds voor, maar Venter voorspel dit behoort binne die volgende paar weke uitgesorteer te word. Hy het ook tydens 'n onderhoud met OFM-nuus se Pieter Moller die vordering met die konsep van onteiening sonder vergoeding bespreek.
OFM-nuus
