On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Reus in Vrystaat-landboubedryf sterf weens #Covid19

───   14:08 Mon, 31 May 2021

Landbounuus-podcast: Reus in Vrystaat-landboubedryf sterf weens #Covid19 | News Article
Corrie Trytsman/Foto: Verskaf

‘n Reus in die landboubedryf is Sondag weens Covid-19 komplikasies in die Winburg-omgewing, in die Vrystaat, oorlede.

Die 86-jarige Corrie Trytsman van die plaas Waterstroom is Woensdag vir Covid-19 getoets en is toe vier dae daarna oorlede. Sy oudste seun Lewies sê boerdery was in sy pa se bloed en hy het nog voltyds op sy ouderdom geboer. Corrie Trytsman laat sy drie seuns, een dogter en klein- en agterkleinkinders na. Begrafnisreëlings gaan na verwagting eers later vandeesweek bekend wees.  

Die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê boere wat langtermyn-huurkontrakte met die staat het, se kontrakte gaan hernu word. Dié departement het – in antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement - gesê diegene wie se kontrakte verstryk het, het ‘n hernuwingskennisgewing ontvang. Altesaam 1 605 van die kontrakte kom landwyd voor. Die departement vorder jaarliks meer as R9.6 miljoen se huurgeld in. Die meeste huurkontrakte is in die Noord-Kaap geregistreer.

EN

Theo Venter, 'n bekende politieke analis, spreek sy mening uit oor die huidige gebeure binne die politieke omgewing. Dit lei, volgens hom, tot die vertraging in besluitneming. Interne konflikte kom steeds voor, maar Venter voorspel dit behoort binne die volgende paar weke uitgesorteer te word. Hy het ook tydens 'n onderhoud met OFM-nuus se Pieter Moller die vordering met die konsep van onteiening sonder vergoeding bespreek.




OFM-nuus/Cathy Dlodlo en Pieter Möller



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.