On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente tree Donderdag in werking

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Mon, 28 Jun 2021

Landbounuus-podcast: Biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente tree Donderdag in werking | News Article

Kritiese biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente, wat in November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is, tree amptelik Donderdag 1 Julie in werking.

Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, sê hierdie maatreëls het ten doel om onder meer te verseker dat albei die wild- en lewendehawebedrywe aan die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid (OIE) se kode voldoen om dieresiektes te verhoed. Verder verbeter hierdie maatreëls handel en verminder dit die risiko van verspreiding van beheerde, aanmeldbare en ander dieresiektes. Knowles sê biosekuriteitsmaatreëls wat betref veilings is van kardinale belang, aangesien siektes soos bek-en-klouseer – wat onlangs in Mtubatuba in KwaZulu-Natal aangemeld is – ‘n groot invloed op die lewendehawemark kan hê. Lewendehawe-agente het ‘n ses maande grasie-periode gehad om hulself van die biosekuriteitsmaatreëls, wat op 13 November 2020 deur Apac gepubliseer is, te vergewis. Apac het agente aangeraai om die grasietydperk te gebruik om die nodige wysigings – soos onder meer infrastruktuurveranderings – aan te bring.

Weervoorspellings toon dat die hele Julie-maand deur baie lae temperature gekenmerk gaan word. Dit is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, wat sê dat veral hierdie week die koudste week tot op hede vir die jaar gaan wees. Temperature het reeds sedert die naweek tot minus vyf grade Celsius oor die sentrale, suidelike en oostelike dele van die Vrystaat, sowel as die suidoostelike dele van die Noord-Kaap, wat Hopetown insluit, gedaal. Van den Berg maan boere om plante en diere teen erge koue toestande te beskerm aangesien baie koue nagtemperature voorlê. Daarmee saam waarsku Van den Berg ook dat sterk winde kan voorkom. Hy vra dat boere nie nou voorbrande moet maak nie omdat die brand vinnig buite beheer kan raak weens die sterk winde.

EN

Intussen sien graanboere in die Wes-Kaap uit na goeie reën wat vir vandeesweek voorspel word. Ná ‘n droë April en Mei, wat lekker nat begin het, was die afgelope paar weke volgens Landbou.com taamlik droog en warm, veral in die Swartland. Cobus Bester van UD Boerdery by Moorreesburg, sê hulle het in Mei 70mm reën gekry, waarna dit vir weke nie gereën het nie. Verder kon boere in die Goedemoed-omgewing by Heidelberg nie in April plant nie. In Mei het hulle bykans 100mm reën gekry. Die hawer, gars en koring het mooi opgekom. Maar boere het vanjaar baie probleme met slakke en duisendpote gehad.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.