On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wysiging van artikel 25 veroorsaak onrustigheid

───   13:50 Fri, 06 Aug 2021

Landbounuus-podcast: Wysiging van artikel 25 veroorsaak onrustigheid | News Article
Photo: Wikimedia Commons

Die politieke dooiepunt tussen die EFF en die ANC oor die grondwetlike wysiging van artikel 25, veroorsaak onrustigheid onder Suid-Afrikaners.

President van  Vrystaat Landbou, Francois Wilken, verduidelik dat dit nie ongewoon is dat politieke partye mekaar hewig oor ‘n kwessie teenstaan en weer later besluit om kragte saam te snoer nie. Volgens Wilken verskil die EFF en ANC nie in beginsel oor onteiening sonder vergoeding nie, maar slegs oor die metode. Hy voeg by dat indien die 18de grondwetwysiging aanvaar word, dit die beginsel vir nulvergoeding vir onteiende eiendom sal vestig. Die staat sal boonop volle seggenskap oor onteiende eiendom hê deur middel van die beginsel van voogdyskap, sê Wilken. Hy voeg by dat Vrystaat Landbou namens sy lede en ondersteuners formeel beswaar teen die voorgestelde 18de grondwetwysiging aanteken. Hulle doen 'n beroep op almal wat in vryheid, die vrye mark en die beskerming en uitbreiding van individuele private eiendomsreg glo, om dié wysiging teen te staan.

Die moontlikheid van veldbrande is baie hoog in die suidelike en westelike dele van die Vrystaat, sowel as groot dele van sentraal Suid-Afrika. Jack Armour van Vrystaat Landbou sê dat veldbrande reeds Donderdagaand in die westelike dele van Boshof ontstaan het, wat na raming 40-duisend hektaar weiveld verwoes het. Hy pleit verder by die publiek om bewus en waaksaam te wees wanneer hulle vuur maak, insluitend enigiets wat moontlik veldbrande kan veroorsaak. Armour sê die omstandighede vir veldbrande is die naweek uiters hoog en daar is reeds baie weiveld verlore weens verwoestende veldbrande die afgelope weke in die provinsie. Gemeenskapslede, boere en landelike inwoners word aangemoedig om ekstra versigtig te wees wanneer hulle vuur maak.

EN

Die Vryheidsfront Plus het ‘n klag by die Groen Skerpioene en die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die rioolbesoedeling van die Fouriespruit en 'n aangrensende plaasdam deur die Rothdene-rioolsuiweringsaanleg in Midvaal. Maroela Media berig die party het ook die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou, omgewing en landelike ontwikkeling, Parks Tau, versoek om dringend ondersoek in te stel na die rioolbesoedeling. Dié optrede volg nadat 'n beesboer in die Meyerton-omgewing 14 van sy Brahmaan-stoetbeeste, wild, vis en volstruise verloor het nadat hulle besoedelde water uit sy plaasdam en die Fouriespruit gedrink het. Die riool vloei verder deur 'n pyplyn na die Kliprivier.





OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.