Agriculture
Landbounuus-podcast: Oktober bring mooiweer─── ELSABÉ RICHARD 12:08 Mon, 23 Aug 2021
Weervooruitsigte toon dat ons moontlik eers in Oktober lekker warm weer sal begin ervaar.
Johan van den Berg, onafhanklike lanbouweerkundige, sê die koue is egter vir eers nog nie verby nie en hy waarsku boere oor die sterk winde wat verwag kan word. Van den Berg sê vooruitsigte toon dat nagtemperature vir die volgende paar weke nog redelik laag gaan bly en dat lente-dag nog redelik koel gaan wees. Die moontlikheid van reën word tydens die eerste paar dae van November oor gedeeltes van die Vrystaat sowel as die Oos- en Noord-Kaap voorspel. Die Oos-Kaap, veral die suide kant van die berge, gaan nog baie lae temprature ervaar en ‘n moontlikheid van reën en selfs sneeu ontstaan in hierdie omgewing in die eerste week van September. Hy waarsku veeboere om hulle vee teen die koue te beskerm. Augustus word gewoonlik gekenmerk deur sterk winde en Van den Berg waarsku dat veldbrande nog ‘n groot risiko is weens ‘n oormaat brandmateriaal ná goeie reën aan die begin van die jaar. Hy waarsku ook dat sterk winde hierdie week kan voorkom. Hy verduidelik die draai na die somer is gewoonlik vir hom wanneer die nagtemperature konstant bo 12 grade Celsius bly, dan is die dagtemperature ook bokant 25 grade Celsuis. So, dit lyk of dit eers in Oktober se kant gaan gebeur.
EN
Sowat 170 000 hektaar veld is onlangs weens wegholveldbrande in die Noord-Kaap verwoes. Dit, terwyl boere in die Vrystaat en Noordwes ook groot skade weens verwoestende veldbrande gely het. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, het aan OFM-nuus gesê die grootste veldbrande in die Kuruman- en Daniëlskuil-omgewings plaasgevind. Hy sê die grootste veldbrand wat die Noord-Kaap onlangs ervaar het is in die omgewings van Kuruman, Daniëlskuil en Lohla Militêre basis aangemeld waar sowat 105 000 hektaal veld verwoes is. Jansen voeg by later het nog veldbrande in die Douglas, Schmidtsdrift, Barkley Wes en Warrenton-omgewings veld verwoes.
* Diegene wat skenkings aan boere in nood wil doen, kan Agri Noord-Kaap se webtuiste besoek.
OFM-nuus
