On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat deur wegholveldbrande geteister

───   ELSABÉ RICHARD 13:52 Mon, 06 Sep 2021

Landbounuus-podcast: Vrystaat deur wegholveldbrande geteister | News Article
Photo: OFM News

Die Vrystaat is die afgelope naweek weer deur wegholveldbrande geteister.

Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê die grootste brand is in die Ventersburg-omgewing aangemeld. Hy deel ook dat onder meer diere, voertuie en infrastruktuur weens die veldbrande in die slag gebly het.  Die Ventersburg-brand het van Vrydag af gewoed en is eers teen Sondagoggend 03:00 geblus. Breytenbach sê die afgelope naweek se veldbrande vergelyk nie met die Petrusburg-brande wat in Julie gewoed het nie. Net meer as 104 000 hektaar weiveld is in die Petrusburg-omgewing binne 27-uur verwoes.

Intussen sê dr. Jack Armour, Bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, diegene wat skenkings aan boere wil maak kan die organisasie se webtuiste besoek vir meer inligting oor hoe om dit te doen.

EN
'n Boer in die Dewetsdorp-omgewing het die afgelope naweek 400 van sy Dohne Marino-ooie weens veldbrande verloor. Volgens Hansie Swanepoel, distrikslandbou-unie voorsitter, het Piet van Staden van die plaas Aanmekaar in die Dewetsdorp-omgewing baie groot skade gely. Hy sê verder ander boere in die omgewing het hulle weiding verloor en hy sê dat die publiek reeds voer begin skenk het, waarvoor hulle baie dankbaar is. Swanepoel sê hulle het 'n inisiatief van stapel gestuur om ooie vir Van Staden in te samel om hom op sy plaas te hou. Swanepoel sê Van Staden het sowat 'n miljoen rand se skade gelei. Indien jy Swanepoel wil kontak om skenkings te doen, kan jy hom kontak by: 082 821 2909.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.