On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wes-Kaap stuur koue na die binneland

───   ELSABÉ RICHARD 11:53 Tue, 21 Sep 2021

Landbounuus-podcast: Wes-Kaap stuur koue na die binneland | News Article
Image: iStock

Koeler temperature en sterk wind kan in die volgende paar dae weer voorkom.


Volgens Johan van den Berg, onafhanlike landbouweerkundige, kan daar ligte ryp in gebiede soos die Suid-Vrystaat voorkom. Hy sê die Wes-Kaap ervaar nog kouefronte, wat die rede is vir die daling in temperature wat in die binneland ervaar word. Maar temperature behoort net voor die komende naweek redelik warmer te word met dag temperature wat waarskynlik 30 grade Celsius sal bereik. Van den Berg voeg verder by dat lekker warm temperature tot in die eerste week van Oktober voor kan kom. Reënvooruitsigte toon dat daar ‘n moontlikheid vir reën in die sentrale na oostelike dele, wat die Oos-Vrystaat insluit, in die tweede week van Oktober ontstaan. In terme van reënvooruitsigte in die droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap sê Van den Berg toon weervooruitsigte op hierdie stadium dat daar nie reën op die kaarte vir daardie gebiede is nie. Daarmee saam sê hy inwoners moet kennis neem dat sterk winde nog heelwat voor sal kom wat die versprei van veldbrande kan veroorsaak.

EN

Kommer bestaan in Brittanje dat voedselsekerheid bedreig word weens die moontlike sluiting van abattoirs weens ‘n tekort aan koolsuurgas. Koolsuurgas word aan vee toegedien voordat hulle geslag word. ‘n Drukgroep vir vleisprodusente in Brittanje het die tekort toegeskryf aan ‘n skerp prysstyging van natuurlike gas. Dit het daartoe aanleiding gegee dat baie fabrieke hul deure moes sluit. Die gastekort raak ook ander sektore. Dit word vererger deur talle vakante poste vir vragmotorbestuurders in Brittanje – weens die gevolge van die coronaviruspandemie en Brexit.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.