On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eerste springkaanswerms broei uit

───   ELSABÉ RICHARD 17:48 Thu, 23 Sep 2021

Landbounuus-podcast: Eerste springkaanswerms broei uit | News Article
Image: BBC News

Die eerste, klein sprinkaanswerms het reeds in onder meer die Cradock en Graaff-Reinett-omgewings in die Oos-Kaap, sowel as in Concordia en Springbok in die Noord-Kaap, uitgebroei.


Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, het sprinkaanbeamptes en hulle spuitspanne vinnig gereageer en die swerms is bespuit. Hy sê sprinkane kan 'n hewige plaag word wat enorme verwoesting kan saai en by die Departement van Landbou aangemeld moet word omdat dit 'n beheerde plaag is.

Die premier van Noordwes, Bushy Maape, sal na verwagting Donderdag 23 September met verskeie belanghebbendes in gesprek tree om 'n oplossing te vind vir die onlangse veldbrande wat in baie dele van die provinsie verwoesting gesaai het. OFM-nuus het vroeër berig dat Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes, gesê het meer as 500 000 hektaar weiveld is tot dusver vanjaar deur wegholveldbrande in die provinsie verwoes. Volgens die woordvoerder van die premier, Sello Tatai, is die primêre doel van die vergadering om 'n herstelplan op te stel wat die oprigting van 'n omvattende reaksiespan insluit. Intussen word inwoners in die Vrystaat gewaarsku van sterk winde wat in die westelike dele van die provinsie kan voorkom. Die publiek word versoek om versigtig te wees en om nié oop vure in die veld te begin nie omdat dit maklik kan versprei. Brandbestrydingstoerusting moet ten alle tye gereed wees om te reageer, sou daar ‘n brand ontstaan, en veldbrande moet by die brandbeskermingsvereniging in die omgewing aangemeld word.

EN

Die Sustainability Summit het vanjaar vir die 11de keer plaasgevind en, soos in die verlede, het die landbou-chemiese leier, Syngenta, ‘n groot rol in die verrigtinge gespeel. Daar is tydens die aanlyn geleentheid veral insigte gedeel oor volhoubaarheid vir stede, landbou en vir voedselsekuriteit. Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika, verduidelik dat stede gesien kan word as pilare van vandag en môre. Hy sê dit is waar die ekonomiese groei en die bevolkingsgroei is, en as gevolg hiervan, speel landbou 'n groot rol.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.