On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nasionale veld- en bosbrande wysigingswetsontwerp weer voor kabinet

───   ELSABÉ RICHARD 14:09 Mon, 04 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Nasionale veld- en bosbrande wysigingswetsontwerp weer voor kabinet | News Article
Foto: Wikimedia Commons

Die wysigingswetsontwerp op nasionale veld- en bosbrande sal weer voor die parlement dien nadat die kabinet dit goedgekeur het.

Volgens Landbou.com het die wysigingswetsontwerp in 2017 voor die parlement gedien, maar is teruggestuur vir verdere konsultasie met die publiek. Die wysigingswetsontwerp van 2021 sal die Wet op Nasionale Veld- en Bosbrande, 1998 wysig. Dit maak onder meer voorsiening daarvoor dat strukture in die openbare sektor en op gemeenskapsvlak tot stand gebring word. Die strukture moet samewerking bevorder om die risiko van veldbrande te versag en om doeltreffende voldoening aan wetgewing en wetstoepassing te bevorder. Onbeheerde veldbrande is verantwoordelik vir grootskaalse aftakeling van die omgewing, werksverliese, die verplasing van gemeenskappe en die vernietiging van infrastruktuur, vee, habitatte en biodiversiteit.

Intussen sê die voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, Erich Stoch,  daar is vereistes waaraan grondeienaars moet voldoen wanneer dit kom by die bestryding en voorkoming van veldbrande. Hy sê onder meer dat,  volgens die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande van 1998, is dit ‘n vereiste vir alle staatinstellings om ‘n lid van ‘n brandbeskermingsvereniging te wees. Hy deel verder dat in terme van die Nasionale Grondwet het die res van die landsburgers die reg om te besluit om deel van ‘n brandbeskermingsvereniging te wees of nie.  Stoch verduidelik verder jy moet ook personeel hê wat opgelei is, en moet in besit van toepaslike beskermende klere en toerusting wees.

EN

Die Vrystaatse Departement van Landbou gaan steeds voort om honde en katte, wat drie maande en ouer is, in die provinsie teen hondsdolheid in te ent. Die departement ent Maandag 4 Oktober troeteldiere in Vaalpark in Sasolburg teen dié siekte in. Inwoners van Vaalpark kan hulle diere na onder meer die NG Kerk in Keiskammalaan en die Bloukrans-inkopiesentrum neem om ingeënt te word. OFM-nuus het vroeër berig dat hondsdolheid dodelik vir diere en mense is. Hierdie veldtog geniet hoë prioriteit en poog om gemeenskappe teen hondsdolheid-uitbrake te beskerm.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.