On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere gewaarsku teen veediefstal

───   ELSABÉ RICHARD 14:31 Wed, 06 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Boere gewaarsku teen veediefstal | News Article

Met feestyd wat al hoe nader kom, word boere gewaarsku om op hulle hoede te wees vir die moontlike toename in veediefstal.

Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomingsforum (VVF) in die Vrystaat, sê veral dorpe langs die Suid-Afrika/Lesotho-grens word die ergste deur hierdie misdaad geraak. Sy sê een van die moontlike redes vir die toename in veediefstal is omdat daar baie mense is wat werkloos is en dit vir hulle ‘n bron van inkomste is. Sy voeg ook by dat veediefstal reeds hierdie tyd van die jaar begin toeneem en tot ná die nuwejaar kan voortduur. Kruger raai boere aan om diere na aan die huis te skuif en om ook kamera’s en selfs halsbande met 'n elektroniese apparaat om vee se nekke te sit, wat deur 'n selfoon alarm maak sodra daar enige beweging is.

Die vleisbedryf het nie die afgelope week veel prysbewegings ervaar nie. Dit is volgens senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe, van die Noordwes Universiteit, wat sê beesvleispryse bly egter oor die algemeen op 'n hoër vlak in vergelyking met verlede jaar. Van der Merwe voeg by dat teeldiere steeds geweldige hoë pryse op meeste veilings behaal. Varkvleis- en bokpryse het ook effens gestyg. Wat groente- en vrugteprodukte betref, het veral avokadopryse die afgelope week begin styg.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê eendeweer kan van Woensdag 6 Oktober af in die somerreënvalgebied verwag word. Wayne Venter van die weerdiens sê 'n goeie kans vir buie en donderbuie kan Woensdag ervaar word oor die noordoostelike dele van die Vrystaat, daar is ook 'n 30%-kans in die sentrale binneland. Venter sê wydverspreide donderbuie word van Vrydag af verwag weens hoë temperature wat vir groot dele van die land voorspel word. Hy sê geen impak-waarskuwings word vir nou voorspel nie, maar dat die weerdiens inwoners op hoogte sal hou namate die naweek nader kom. 'n Swak kouefront wat motreën in die Wes-Kaap kan veroorsaak, kan ook temperature in die Noord-Kaap laat daal.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.