Agriculture
Landbounuus-podcast: Aanplantingsvoornemens vir 2021/22 bekend gemaak─── ELSABÉ RICHARD 14:47 Thu, 28 Oct 2021
Die Nasionale Oesskattingskomitee het produsente se aanplantingsvoornemens vir die 2021/22-produksieseisoen bekend gemaak.
Die data, wat Woensdagmiddag deur die Oesskattingskomitee vrygestel is, dui aan dat Suid-Afrikaanse boere beoog om 'n totale oppervlakte van 4,34 miljoen hektaar somergrane en oliesade aan te plant. Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landbousakekamer, is dit 'n toename van 5% in vergelyking met die vorige produksieseisoen. Sihlobo deel die syfers dui aan dat mielie-aanplantings-voorneme 2,73 miljoen hektaar is, wat ’n afname van 1% op ’n jaargrondslag is. Die Sorghum-aanplantingsgebied sal ook met 9% jaar-tot-jaar tot 45 000 hektaar daal. Dit, terwyl die grondbone-plantarea met 4% afneem tot 37 000 hektaar. Ten spyte hiervan sal sonneblomsaad-, sojabone-, en droëbone-aanplantings met 16%, 12% en 14% vanaf die 2020/21-produksieseisoen tot onderskeidelik 555 800, 924 800 en 54 250 hektaar toeneem. Luan van der Walt, 'n landbou-ekonoom by Graan SA, het voorheen produsente aangemoedig om nou al te begin besluite neem in terme van bemarking en om deurentyd in die mark te bly en seker te maak dat hulle goeie bemarkingstrategieë volg.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers, onder 200kg, teen R44,00 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,52, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,65 per kg verkoop het.
OFM-nuus
