Agriculture
Landbounuus-podcast: Wydverspreide reën deur landbouers verwelkom─── ELSABÉ RICHARD 14:15 Thu, 04 Nov 2021
Wydverspreide reën is deur landbouers, wat veral in droogtegeteisterde gebiede in sentraal Suid-Afrika geleë is, verwelkom.
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê wat die veld betref, groei die weiding stadig maar daar is tekens van plante wat begin groei. Hy sê daar is nog 'n lang herstelpad en dat baie opvolgreën nodig is sodat weidingskapasiteit in droë- en brandgeteisterde gebiede weer volledig kan herstel. Verder sê Jansen is die organisasie steeds besig met hulpverlening aan boere in droogtegeteisterde gebiede. Die organisasie gaan ook steeds voort met 'n veeartsprojek om diere te rehabiliteer wat in die onlangse veldbrande beseer is. Besoek Agri Noord-Kaap, Agri Noordwes en Vrystaat Landbou se webtuiste vir inligting oor hoe jy betrokke by projekte in jou provinsie kan raak.
Koeler en nat weer oor die winterreënvalstreek is nog nie verby nie. Dit is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Van den Berg sê kouefronte gaan in die volgende tien dae oor die suidelike dele van die land inbeweeg en reën veroorsaak in die winterreënvalstreek. Ligte neerslae oor die suidwestelike dele van Suid-Afrika is moontlik met swaar reën wat vanaf Sondag oor die wynland en Kaapse metro verwag word. Hy sê dit gaan buitengewoon warm word in die Noord-Kaap en Noordwes, met temperature wat bo 35 grade opwaarts sal beweeg. Die verandering in temperatuur maak dit gunstig vir boere - in veral die Vrystaat - om te plant, aangesien swaar reën vir laat November en Desember verwag word.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,50 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R41,50, en speenkalwers oor 250kg, teen R40,00 per kg verkoop het.
OFM-nuus
