On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Plaaswerker weens moord gevonnis

───   09:23 Sat, 20 Nov 2021

Plaaswerker weens moord gevonnis | News Article

Die 35-jarige Johannes Witbooi is in die Carnarvon-streekhof in die Noord-Kaap tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Dit, na hy in April 2019 saam met nog drie plaaswerkers in ‘n argument betrokke was, wat gelei het tot die dood van die 24-jarige Nickford Smith.

Witbooi het tydens die voorval nog ‘n plaaswerker met ‘n mes gesteek en ‘n ander gedreig.

Die voorval het op ‘n plaas buite Fordsburg plaasgevind.

Witbooi is op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig gevind.

Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.