Agriculture
Landbounuus-podcast: Oranjerivier bereik sy piek─── 11:00 Mon, 03 Jan 2022
Die Oranjerivier het die afgelope naweek sy piek bereik met geen skade wat tot dusver in die Benede-Oranje-streek aangemeld is nie.
Die rivier het volgens die Departement van Water en Sanitasie meer as 2-miljoen kubieke meter per sekonde bereik by die Katlani-watermoniteringspunt by Douglas in die Noord-Kaap. Die woordvoerder vir die departement, Sputnik Ratau, waarsku dat die water tans baie sterk vloei. Ratau sê mense moet liewer die rivier vermy en enige wateraktiwiteite vir nou opskort. - Roderick Titus
Intussen raak versuipskade ’n groot probleem in die somerreënvalgebied met meer reën wat waarskynlik op pad is. Landbou.com berig miljoene rande se skade weens te veel reën is aan gewasse in die somerreënvalgebied aangerig met meer reën wat steeds voorspel word en die uurglas wat leeg loop om die versuipskade te beperk. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê versuipskade is ’n probleem in groot dele van die provinsie. Hy sê die skade is veral groot waar mielies later aangeplant is en die klein plantjies in die water staan. Daar is plekke waar boere glad nie in die lande kon kom om nog mielies of sonneblom te plant nie en daar is boere wat ook nie hulle koring kon stroop nie. Wilken voeg verder by dat koring wat vroeër pragtig gelyk het, tot voergraad verswak het.
EN
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat die sentrale dele van Suid-Afrika uiters warm toestande dié week kan bereik. Die weerdiens sê verder verspreide buie word oor die Vrystaat verwag en dat die suide van die Noord-Kaap maksimum temperature van tussen 25 en 28 kan ervaar. Dit terwyl die noordelike dele tussen 32 en 35 grade gaan bereik. Daar word ook verwag dat Upington en Postmasburg tussen 37 en 40 grade kan verwag. - Roderick Titus
OFM-nuus
