On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere bekommerd oor groot reën

───   12:34 Wed, 05 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Boere bekommerd oor groot reën | News Article

Die weerdiens voorspel nog reën oor die volgende paar dae, terwyl talle boere in hierdie stadium diep bekommerd is weens versuip-, hael- of vloedskade.

Maroela Media berig Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê op talle gebiede staan mielies in die water, koring kon op sommige plekke nog nie gestroop word nie en die gradering weens die aanhoudende reën is swak. Sonneblomaanplantings in sommige gebiede is agter, terwyl boere wat suikerbone plant nog in sopnat lande probeer inkom. In die Bultfontein-omgewing is versuipskade van tussen 30% en 80% aangemeld. Dit sluit ook gebiede soos Hoopstad, Wesselsbron en Kroonstad in. In die Heilbron-omgewing in die Oos-Vrystaat het sommige boere ook groot versuipskade.

Intussen het Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, gesê die La Niña toestande kan tot in April vanjaar aanhou met heelwat reën wat oor die sentrale en westelike dele van Suid-Afrika verwag word. Hy sê die afgelope maande se reën is slegs die eerste spits en die werklike reënseisoen word in middel Januarie verwag. OFM-nuus het gister berig dat sowat 400 mm reën in sekere dele van die Vrystaat gedurende verlede maand se voortdurende reënval in sentraal Suid-Afrika aangeteken is. Van den Berg maan veeboere om op die uitkyk te wees vir dieresiektes.

EN

Afskeid is gister op twee afsonderlike geleenthede geneem van die vier slagoffers van ’n motorongeluk op 27 Desember buite Bloemfontein. Volgens Netwerk24 is Jacobus Stroebel, sy ma, Miempie, en sy dogtertjie, Marelize dood toe hul bakkie teen die voertuig waarin Jaco Nortjé was, gebots het. Stroebel was die vise-president van Vrystaat Landbou. Nortjé was 'n kleinboer wat motors herstel en in sy vrye tyd messe gemaak het. Netwerk24 het voorheen berig Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê Stroebel, sou binnekort saam met sy gesin na Kanada emigreer. Hy het met vee geboer en sou daar vir ’n Kanadese beesboer gaan werk.



OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.