On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou-organisasies bespreek misdaad, uitdagings tydens byeenkoms

───   11:00 Thu, 06 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Landbou-organisasies bespreek misdaad, uitdagings tydens byeenkoms | News Article
Foto: Gallo

Buiten die diefstal van vee en vars produkte, is daar kommer oor die toename in onwettige jag met honde en die onwettige oes en handel van beskermde plantspesies in provinsies.

So sê Joe Scholtz, hoof van Agri Noord-Kaap se afdeling vir landelike veiligheid en veediefstal. Dié aankondiging is tydens 'n byeenkoms gedoen waar agt van die land se nege Agri Suid-Afrika lede-organisasies byeengekom het om misdaad en ander uitdagings te bespreek. Jakkals le Roux, die voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, het bygevoeg dat die swaar reën die afgelope feestyd bygedra het tot 'n afname in misdaad in die provinsie, terwyl Naude Pienaar van Noordwes slegs twee voorvalle van inbrake op plase gerapporteer het. (Rorderick Titus)

Swerms sprinkane kom dwarsoor die Noord-Kaap voor en beweeg in ‘n noordelike rigting. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Hy sê miljoene sprinkane trek tans in swerms oor dele van die provinsie en in die rigting van die Oos- en Wes-Kaap en rig groot skade aan natuurlike weivelde en landerye aan. Jansen vra padverbruikers om versigtig te bestuur omdat die swerms sig moeilik maak wat tot ernstige en noodlottige ongelukke kan lei. Jansen sê die grootste uitdaging is dat swerms op gesaaides gaan sit en massiewe skade aanrig. (Rorderick Titus)

EN

TLU SA sê hy is “verheug” oor die algehele daling in die brandstofpryse wat gister in werking getree het aangesien boere tans steier onder stygende insetkoste. Maroela Media berig Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA se Noordstreek, sê die organisasie het die afgelope ruk klagtes van lede en ander boere ontvang oor die geweldige prysstygings in onder meer kunsmis en ander middele wat boere benodig om kos op mense se tafels te hou. Hy sê dié verlaging in brandstofpryse behoort aan die verbruiker deurgegee te word. Van de Graaf het ook ’n beroep op maatskappye wat leweransiers aan boere is, om inderdaad die verligting deur te gee, veral omdat boere uiteindelik steeds prysnemers bly, terwyl die hoë insetkoste dit moeilik maak om nog volhoubaar te produseer.



OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.