On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrede-suiwelprojek word Vrydag aan begunstigdes oorhandig

───   ELSABÉ RICHARD 14:08 Thu, 13 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Vrede-suiwelprojek word Vrydag aan begunstigdes oorhandig | News Article
Vrede beneficiaries/Photo: OFM News

Die oorhandiging van die Vrede-suiwelprojek aan 65 begunstigdes sal in ooreenstemming geskied met 'n hofbevel wat vanaf 17 Januarie 2019 tot 17 Januarie 2022 deur die Vrystaatse Hooggeregshof afgekondig is.

Die oorhandiging sal deur die Vrystaatse Provinsiale Regering, onder leiding van Premier Sisi Ntombela, gedoen word. Die projek is in 2012 deur die Provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling begin, met die doel om swart boere in die provinsie te bemagtig met kennis en vaardighede om 'n suksesvolle suiwelonderneming te bedryf. Die departement sê in ’n verklaring dit sal ook bydra tot die plaaslike ekonomie en die lewensbestaan van gemeenskappe verbeter. Die oorhandiging sal na verwagting Vrydag om 11:00 by die Krynaauwslust-plaas in Vrede plaasvind.

Twee verdagtes, wat vroeër die week ná 'n rooftog op 'n plaas naby Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem is, sal na verwagting Vrydag in die Harrismith-landdroshof verskyn. Die polisie sê 'n 77-jarige vrou is Dinsdagmiddag van drank beroof en ongedeerd gelaat nadat 'n verdagte, wat in besit van 'n mes was, glo vuurwapens en kontant geëis het. Die twee van die omgewing van die plaas Christina, is in besit van 'n mes, drank, 'n sak en 'n beursie betrap, wat aan die 77-jarige slagoffer behoort het. Hulle word van huisroof en die besit van 'n gevaarlike wapen aangekla. OFM-nuus se Elsabé Richard berig ’n saak van huisroof word ondersoek.

EN

Die kanse van 50% of meer reën tot aanstaande week is goed vir die sentrale tot noordoostelike dele van die land. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweekundige, sê reën kan nog tot 18 Januarie oor die ooste van die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat voorkom. Hy sê die huidige neiging is dat 'n uiters sterk laagdrukstelsel ontwikkel het, wat swaar reën en hael oor kleiner dele tot gevolg kan hê. Die verwagte reën veroorsaak 'n groot risiko vir oorstromings langs die Vaal- en Oranjerivier, waarvan die vlakke reeds hoog is. Van den Berg sê indien die swaar reën oor gebiede van die Vaal- en Gariepdamme se opvangsgebiede voorkom, kan watervlakke vinnig styg. Swaar reën in die omgewing van Kakamas en Kanoneiland het reeds skade veroorsaak aan tafeldruiwe wat tans geoes word, asook aan rosyntjies.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.