On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Duisende hektaar landbougrond in Vrystaat onder water

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Fri, 21 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Duisende hektaar landbougrond in Vrystaat onder water  | News Article

Daar word beraam dat tussen 10 000 en 15 000 hektaar landbougrond in die Vrystaat onder water is ná voortdurende swaar reënval.

Dit is volgens Janine Ryan, besturende redakteur van Farmer's Weekly, wat byvoeg dat geaffekteerde boere na verwagting sowat R14 000 per hektaar gaan verloor. Aanhoudende swaar reën het boere verhinder om toegang tot hul lande te kry en hulle sal ook nie weer kan plant nie aangesien die plantseisoen verby is. Boere sal moet wag vir die volgende plantseisoen. Ryan sê landbou-organisasies doen ’n beroep op die regering om ’n ramptoestand in die geaffekteerde gebiede te verklaar.

Agri SA verwelkom intussen die Nasionale Rampbestuursentrum se klassifikasie van ’n nasionale ramp ná afloop van die vernietigende reënval en oorstromings in groot dele van die land. Die organisasie sê in 'n verklaring dit verwelkom terselfdertyd ook die onlangse reën wat ’n einde gebring het aan die droogtetoestande wat die afgelope ses tot nege jaar die land geteister het. Agri SA sê egter hierdie toestande hou ’n risiko in vir oeste en infrastruktuur in gebiede waar dit te veel gereën het. OFM-nuus se Elsabé Richard berig padinfrastuktuur is van groot belang en moet gepriotiseer word.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,31 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R41,64, en speenkalwers oor 250kg, teen R40,48 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.