On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 24 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en kon vasklou aan winste.

Uitvoerverkope was 800 miljoen ton meer as die USDA se verwagtinge en vooruitskattings. Die twee grootste aankopers was Japan en Mexiko met China wat ook ‘n verskyning gemaak het op die mark.

Die plaaslike mark het Vrydag swakker verhandel met al die gelyste kontrakmaande wat negatief gesluit het.

Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R41/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 566/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R46/ton laer verhandel om teen R3 489/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse mark het fundamentele ondersteuning gehad om hoër te verhandel nadat sterk uitvoer gerapporteer is, maar kon nie kapitaliseer nie en het negatief verhandel teen sluitingstyd.

Reën word voorspel vroeg in volgende week vir Argentinië wat gelei het tot handelaars wat winste neem ná twee opeenvolgende sterk verhandelingsessies.

Sojakontrakte het maar relatief sywaarts verhandel met geen groot veranderinge nie.

Die soja Januarie ’22-kontrak het R30/ton hoër verhandel teen R8 280/ton. Die soja Maart '22-kontrak het R20 laer teen R8 169/ton verhandel. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R8 002/ton, R8 hoër, verhandel.


Koring:

Die koringmark kon nie verdere winste behaal nie, al is daar ‘n tekort aan vog in die koringproduserende gedeeltes van Amerika en toenemende spanning op die Oekraine-Rusland grens wat die mark beïnvloed.

Weervoorspellings wys reën vir die koring-produserende gedeeltes van Amerika.

Die koringmark het Vrydag effens negatief verhandel teen sluitingstyd.

Die koring Januarie '22-kontrak het teen R5 800/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R5 897/ton verhandel.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.